Sarie Kos

Kook vegetaries

- resepte PRUE LEITH & PETA LEITH teks HERMAN LENSING foto’s DAVID LOFTUS

Sy het oorsee naam gemaak in die koswêreld, maar die Suid-Afrikaans gebore Prue Leith se wortels is steeds stewig in Afrika, waar sy inspirasie kry. Op 80 is dié beoordelaa­r op The Great British Bake Off nog propvol energie, met haar jongste kookboek, The Vegetarian Kitchen*, wat onlangs verskyn het. Ons het gaan aanklop toe sy in SA kom kuier het

1 Wie is Prue Leith? Ek is entoesiast­ies en sê moeilik nee. Ek stel belang in soveel meer as kos: Ek ontwerp juwele, skryf romans, en beywer my daarvoor om kinders in Britse skole beter te laat eet. Ek wil ook hospitaal- en tronkkos verbeter. Dit maak my warm onder die kraag as die regering nie geld reg spandeer nie. Tog, as ek my lewe moet opsom, is ek net gelukkig. Prue Leith is tevrede met die lewe!

2 Waar kom jou naam vandaan? Dis baie uniek. Dis Skots. Al my grootouers was Skotse emigrante wat na Suid-Afrika gekom het. Ek is in Kaapstad gebore en het hier grootgewor­d. Op 18 is ek Frankryk toe en daarna Londen.

3 Sien jy jouself steeds as ’n Suid-Afrikaner? Ek sal altyd een bly. Ek het familie hier en kom elke jaar kuier. My kookskool in Pretoria lê my ook na aan die hart en dis belangrik dat ek gereeld inloer om seker te maak dis op standaard. 4 Wat is jou gunsteling- SuidAfrika­anse gereg? Ek hou baie van melktert, maar my gunsteling is bobotie. Dis goedkoop en maklik om te maak as jy onthaal, en dis lekker warm óf koud.

5 Beïnvloed Afrika steeds jou manier van kook? Natuurlik. Maar nie net op kosgebied nie. My uitkyk op mode, dekor, tuine en kleur kom alles uit Afrika. As jy in Afrika grootword, is kleur so deel van alles wat jy doen en hoe jy dink. Toe ek my eerste tuin in Londen aangeplant het, wou ek alles helder maak soos in Namakwalan­d. Ek het bosse geplant wat geen orde het nie. Die mense het my vreemd aangekyk want dit was glad nie Brits nie, hulle hou van sagte kleure en perfekte roostuine. Maar nou is my tuin vol kleur en almal soek so ’n tuin. Dit maak my gelukkig.

6 Jy het al alles gedoen: ’n Michelinre­staurant [Leith’s] besit, vir koninklike­s gekook, jou eie TVprogramm­e gehad, kookboeke geskryf . . . Maar hoekom ’n kookskool? Jy moet onthou, ek het al lank gelewe! Destyds het ek die skool in Londen begin omdat ek op soek was na goeie studente. Ja, dié uit kolleges was tegnies goed, maar het geen liefde vir kos gehad nie. Ek wou sjefs oplei wat lief is vir kos en in die bedryf wíl wees. En ek het dit reggekry. Ek het baie versoeke vir skole reg oor die wêreld gekry – van China tot Australië. Maar ek het bly nee sê, want ek wou betrokke bly, elke student met die hand uitsoek en insae hê. En toe kom Suid-Afrika oor my pad. Ek móés ja sê, want dis hier waar ek gevorm is, my wortels lê. Die skool lewer goeie studente op. SuidAfrika­ners weet van hard werk en het deursettin­gsvermoë wat jy met geen ander land kan vergelyk nie.

7 Vertel ons meer van jou projek #TruePrue. Dis alles oor kleur, en ek het dit begin vir ouer vroue. Ek hoor so gereeld vroue sê: “Jy weet, ek het altyd helder kleure gedra, maar nou is ek te oud.” En ek verstaan dit nie. Dis asof mense dink kleur is net vir kinders. #TruePrue gaan daaroor dat ons mag vrolik wees. Ouderdom maak nie saak nie. Jy kan geel dra in die winter en rooi in die somer. Ek het ’n hele reeks brille en juweliersw­are wat my liefde vir kleur wys. En dis vir almal. Jonk en oud. Lewe uitbundig en lewe vrolik.

8 In ’n loopbaan wat oor meer as 60 jaar strek, wat is die een ding wat jou steeds laat glimlag? Waarop ek die heel trotsste is, het nie te doen met kos of my boeke nie. Op Trafalgar Square in Londen is daar vier voetstukke waarvan drie beelde op het. Die vierde een op die noordweste­like hoek staan bekend as die Empty Plinth. Sedert 1841 is niks nog opgesit nie. (Dit was eintlik bedoel vir William IV, maar hy was ’n bietjie skandalig en sy plek is nooit gevul nie. Sedertdien kon niemand ooit saamstem oor wat daarop moet gaan nie!) Ek het ’n projek begin om iets op die voetstuk te kry. Ná baie baklei het ek dit reggekry en sedert September 2005 verander die beeld elke jaar. Dit maak my hart warm dat ek deel was van die projek.

9 Jy mag nooit vir ’n ma vra wie haar gunsteling­kind is nie, maar watter van jou boeke lê jou na aan die hart? Dis baie moeilik. Een van my romans, The Choral Society, gaan oor drie enkellopen­de vroue en vertel die verhaal van hul lewe en die vriendskap tussen hulle. My droom is dat die boek ’n film sal word. Wanneer dit by my kookboeke kom, is ek baie trots op die jongste een, The Vegetarian Kitchen, Dis vars, nuut en anders.

10 Kom ons praat vegetaries. Hoekom so ’n groot tendens? Dis wonderlik, is dit nie! Ek dink dis omdat mense ná baie jare regtig bewus raak van die impak van vleis op ons planeet. Vegetaries eet is boonop bekostigba­ar. Ekself is mal oor vleis en sal dit nooit opgee nie, maar ek koop nou van produsente wat volhoubaar boer; organiese hoender en vleis wat ’n kleiner impak op die omgewing het. >

< Wat ek wel oplet, is dat die tendens veral gedryf word deur die jonger mark. Hulle leef baie meer bewustelik.

11 Hoe oortuig jy ’n vleiseter om groente te eet? Flous jy hom met groenteger­egte wat soos vleis smaak? Dis nie nodig nie. Dit gaan daaroor om groente goed gaar te maak. Maak geregte waar groente die held is sodat jou gaste weer en weer wil skep. Nie omdat dit soos vleis smaak nie.

12 Wat kan ek verwag as ek The Vegetarian Kitchen optel? Jy hoef nie die boek te koop omdat jy die planeet wil red of skuldig voel nie (maar jy gaan ’n bydrae lewer!). Dit gaan jou lus maak om groente te kook. Niks in die boek is moeilik nie, met familieres­epte wat jou hart gaan steel.

13 Jy het die boek saam met jou broerskind Peta Leith geskryf. Waarom dit saam met haar aanpak? Wel, ek het gedink sy kan die harde werk doen! Mense dink om ’n kookboek te skryf is net lekker. Dis nie so nie. Jy toets, skryf resepte, toets weer, verander, toets en skryf. Oor en oor. Peta het baie gehelp. En ek is ’n groot aanhanger van haar werk. Sy is self ’n vegetariër en haar uitkyk op kos jonk en vars. Sy is meer avontuurlu­stig as ek.

14 Die een resep wat ek moet kook? Die paneerkerr­ie op bl. 92. Dis heilsaam, vullend en so lekker. Jy gaan skaars kan glo daar is nie vleis in nie.

15 Geen kombuis mag ooit sonder . . . my boek wees nie! Die waarheid is elke kombuis kort ’n boek waarop jy kan vertrou. Een waarna jy keer op keer kan terugkeer. Daar is min dinge wat vir my so ’n riem onder die hart is soos wanneer iemand my boek vir my bring om te teken en hy is vol vlekke soos hy al gebruik is.

16 As jy ’n gereg was, wat sou jy wees? Ek sal ’n Yotam Ottolenghi-tipe slaai wees. ’n Mengsel van baie goed: vol tekstuur, baie geure, kleurryk, sade, neute en speserye. Lekker om te eet!

17 Wat is jou geheim om op 80 so goed te lyk? Ek kies elke dag om gelukkig te wees, lewe voluit. Natuurlik is goeie kos en genoeg slaap ook belangrik – ek kan op enige plek slaap. Ek is dankbaar oor ’n kleurryke lewe.

 ??  ??
 ??  ?? * Vanaf R500, uitgegee deur Bluebird
* Vanaf R500, uitgegee deur Bluebird
 ??  ?? GEMENGDE GRAANSLAAI MET GEROOSTERD­E
SOETRISSIE-EN-HARISSA-SOUS
GEMENGDE GRAANSLAAI MET GEROOSTERD­E SOETRISSIE-EN-HARISSA-SOUS
 ??  ?? SWARTBOONT­JIE-CHILI CON CARNE MET
KORING-EN-LEMMETJIES­ALSA
SWARTBOONT­JIE-CHILI CON CARNE MET KORING-EN-LEMMETJIES­ALSA
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa