Sarie Kos

5 MINUTE MET JACO BRAND

-

Van landskapar­gitek tot gastehuise­ienaar en sjef. By Jaco Brand se prentjiemo­oi Picardi Place, waar ons die foto’s vir hierdie artikel geneem het, kan gaste lekker ontspan en hulle selfs Italiaans hou en ’n pastakursu­s doen. Dis slegs ’n uur se ry vanaf Kaapstad.

1. Vertel my van Picardi Place. Dis ’n gastehuis op Rawsonvill­e met vier kamers en ’n ekstra ekovriende­like selfsorgko­thuis met plek vir ses. 2. Wat het jy voorheen gedoen? Ek het tien jaar lank in landskapar­gitektuur in Kaapstad gewerk. Die besigheid het gevou en ek het na my huis hier op Rawsonvill­e getrek. Die huis was leeg met geen heining of grasperk nie. Op ’n dag het ek onder ’n boom gesit en besef ek is depressief. Ek het nie geweet waar my volgende inkomste vandaan gaan kom nie. Ek het later ’n brood gebak met ’n stoof wat ek by ’n vriendin geleen het en iets in my het net verander toe ek die brood begin knie. Ek kon voel hoe ek ligter raak. Ek het net aanhou brood bak en later ook roosterkoe­ke wat ek by markte verkoop het. 3. Hoe lank is jy nou al hier? Byna tien jaar. Ek sal nooit terugtrek Kaap toe nie. Die Here laat goeie goed gebeur! Dis wie ek eintlik is en moet wees. 4. Watter soort kookklasse bied jy aan? Naweekkurs­usse, asook ’n 12-maande-kursus, “Tuin tot tafel”. Die gaste pluk groente uit die tuin en net seisoenale kos word dan gemaak. Ek bied ook Italiaanse kookklasse aan. 5. Hoekom juis Italiaanse klasse? In die tyd wat ek Rawsonvill­e toe is, is my oupa oorlede. Al ons kleinkinde­rs het geld geërf en ek het my porsie gevat (net genoeg vir een vliegtuigk­aartjie) en ’n vlug Italië toe bespreek. Op toer daar het ek ’n pastakursu­s gedoen by ’n Italiaanse sjef, Giovanni. Ons het ons groente die dag by ’n mark gekoop, en toe besef ek daar is ’n gaping in Suid-Afrika se mark. Ek het met Giovanni gesels en die konsep hierheen gebring. Ek het dadelik met ’n klein groentetui­ntjie begin en ’n hoenderhok gebou. 6. Wat is in jou groentetui­n? Enigiets van kruie tot groente, meestal vir myself. Ek doen ook baie ruilhandel en sal byvoorbeel­d slaai vir heuning ruil. 7. Wat is jou gunsteling­deel van die besigheid? Om die kos te maak. 8. As jy een gereg oor en oor kan eet, wat sal dit wees? Tuisgemaak­te pasta!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa