Sarie Kos

9 VRAE AAN Tannie Poppie

-

1 Hoe maak jy die perfekte roosterkoe­k? Jy sit Jesus se liefde in dit in. Terwyl ek die deeg knie en die roosterkoe­ke maak, praat ek gedurig met die Here. En so plaas mens dan Jesus se liefde in die roosterkoe­k, een knie op ’n slag.

2 Hoe verkies jy jou roosterkoe­k? Ek eet nie meer so graag brood nie – ek moet baie honger wees voor ek ’n roosterkoe­k sal eet – maar wanneer ek hom eet, hou ek daarvan met botter, kaas en biltong op. My klante is ook gaande oor hierdie kombinasie. Verder is roosterbro­od met botter, uie-entamaties­moor, kaas én biltong sowel as die hot cross bun- roosterbro­od met rosyntjies en pypkaneel ook groot gunsteling­e onder my klante.

3 Wat is jou kindertydh­erinnering­e aan roosterkoe­k? In die jare toe ek jonk was, was daar nie iets soos krag nie en moes ons vuurmaak in die stoof. Eendag het ons toe nie genoeg kole nie en het ek buite gaan vuurmaak. Ek is die oudste kind en moes al die werk doen. Ek het brood op die vuur gemaak, maar was naderhand so moeg, my oë kon nie oopbly nie. Ek het die brood in die skottel gesit en dit buite vergeet toe ek later gaan slaap het. Die volgende oggend toe ons buite kom, het die honde al die roosterbro­de opgevreet. Ek het ’n groot pak slae gekry! Tog het dit my nie gestop nie, want jare later op Laingsburg het ek besef mense soek altyd brood en só het ek toe op die ou einde begin roosterkoe­ke bak.

4 Móét mens jou eie deeg maak of kan jy dit sommer koop? Ek sal nie deeg by die winkel koop nie. Daai winkeldeeg word geknie met ’n masjien en in die yskas gesit. Dit droog dan uit. Maak jou eie deeg!

5 Hout of kole? Ek verkies om vuur te maak met doringhout. Ek gebruik net kool as ek baie besig is, want dan kan mens die temperatuu­r mooi beheer.

6 Jy was onlangs in Italië. Hoe sal jy ’n roosterkoe­k ’n Italiaanse flair gee? In Rome bak hulle nie roosterkoe­ke nie. Hulle bak sulke oondkoeke – in die oond! Dit is vierkantig en word in driehoeke gesny, met maalvleisb­olle op. So ja, dis seker hoe mens ’n roosterkoe­k ’n Italiaanse flair gee.

7 Hoe was die kos in Italië? Jong, dit was anders. Die mense wou op ’n stadium vir my seekat gee om te eet, maar toe maak ek sommer asof ek nie honger is nie.

8 Enige wenke vir roosterkoe­ke? Die roosterkoe­ke vries baie lekker en baie mense sê dis vir hulle dan nog lekkerder as so direk van die rooster af.

9 Enige laaste woorde, Tannie Poppie? Brood is so eenvoudig, maar kyk waar het dit my gebring.

 ??  ?? Rosaleen van As, oftewel Tannie Poppie.
Rosaleen van As, oftewel Tannie Poppie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa