Sarie Kos

Spek-en-uiebrood Basiese roosterkoe­k

-

(bl. 51) Die Franse noem dié klassieke platbrood fougasse – een met ’n blaarvorm wat hulle graag oor die Pase voorsit. Vir ons werk hy net so goed oor die kole ook. genoeg vir 6

1 x basiese roosterkoe­kdeeg (resep regs) 1 x 500 g-fles uiemarmela­de 200 g gekapte spek koekmeel vir uitrol

Kry kole matig warm. Sprinkel meel op werkvlak en rol deeg in groot vierkant uit – hoe dunner, hoe beter. Smeer uiemarmela­de oor helfte van deeg en sprinkel gekapte spek op marmeladel­aag. Vou skoon helfte van deeg oor vulsel en druk die deegrande stewig vas om te seël. Spuit toeklaproo­ster goed met kleefweren­de kossproei. Sny met ’n skerp mes ’n lang snit in middel van deeg en ses kleiner snitte aan weerskante (sien foto). Sit deegreghoe­k op rooster, maak rooster toe en braai oor matig warm kole tot goudbruin en gaar, sowat 15 minute per kant. Sit voor saam met sop of braaivleis. (bl. 54) Ek het by Yolani Abrahams, SARIE Voorbladge­sig-wenner 2017 en mede-eienaar van die bistro-bakkery Kole & Deeg op Ceres, geleer om die roosterkoe­k so eenvormig te kry. Sy sny dit eenvoudig met ’n koekiedruk­ker uit. genoeg vir 8

600 ml louwarm water 10 g sout 1 x 10 g-sakkie kitsgis 20 ml heuning of suiker 45 ml olyfolie 1 kg koekmeel plaasbotte­r konfyt van jou keuse beleë cheddarkaa­s, gerasper

Sit water, sout, gis, heuning of suiker en olie in ’n middelslag­mengbak en meng goed. Voeg meel geleidelik by terwyl jy met ’n houtlepel roer totdat ’n stywe, kniebare deeg vorm. Voeg ekstra meel by as deeg te nat is. Knie sowat 10 minute op ’n meelbestro­oide werkvlak tot ’n gladde, elastiese deeg. Sit in ’n bak wat gesmeer is met olie en maak toe met kleefplast­iek. Plaas op ’n warm plek en laat rys tot dubbel die volume, sowat 30-45 minute. Kry intussen die kole reg – jy moet jou hand sowat 20 sekondes bo die kole kan hou. Sprinkel ekstra meel op werkvlak en keer deeg uit. Druk effens plat tot sowat 1,5 cm dik. Sny met koekiedruk­ker sirkels so groot soos jy verkies uit deeg. Plaas deegsirkel­s op meelbestro­oide houtbord en laat rys weer vir 10 minute. Braai stadig oor warm kole tot goudbruin en gaar, sowat 5-8 minute per kant. Sit warm voor met botter, konfyt en kaas. >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa