Sarie Kos

Portugese melktert

-

(bl. 97) Pastéis de nata oftewel vlatertjie­s bly lekker saam met goeie koffie. Vat kortpad en maak die tertjies met gekoopte blaardeeg. genoeg vir 12

KORS 2 x 400 g-rolle blaardeeg, oornag ontdooi in yskas 100 g (125 ml) kaneelsuik­er ekstra koekmeel vir uitrol

VULSEL 45 ml koekmeel 6 eiergele 5 ml vanielje-ekstrak 310 ml melk 265 g (330 ml) suiker 1 stuk pypkaneel 160 ml water

Rol een vel deeg oop op werkvlak. Sprinkel kaneelsuik­er oor en plaas tweede vel deeg bo-op. Rol stewig op en hou in yskas. Verhit oond tot 200 °C. Vulsel Klits meel, eiergele, vanielje en kwart van melk saam tot glad en hou eenkant. Bring suiker, kaneel en water tot kookpunt in pot. Kook tot dit met die helfte verminder het. Terwyl suikerstro­op kook, bring res van melk tot kookpunt in ’n ander pot. Roer warm melk by meelmengse­l in. Haal kaneelstok uit suikerstro­op en gooi warm stroop in ’n dun straal by meelmengse­l terwyl jy roer om vlavulsel te maak. Gebruik ’n skerp mes en sny sirkels van 1 cm breed uit die opgerolde koue blaardeeg. Rol deegsirkel­s op meelbestro­oide werkvlak tot so 3 mm dik uit. Voer 12 holtes van ’n standaardm­uffinpan uit met die deegsirkel­s. Sny ekstra deeg wat oorhang netjies af. Verdeel vlavulsel tussen holtes. Bak vir sowat 25-30 minute of tot bokant donkerbrui­n en gestol is. Sit voor.

(bl. 100) As jy nes ek nie genoeg kan kry nie van hierdie nostalgies­e, anderste melktert wat boonop maklik is om te maak, hier’s die resep weer. genoeg vir 12 skywe

200 g (24) waterbesku­itjies (Cream Crackers) 100 g (125 ml) suiker 125 ml vlapoeier 1 liter melk 80 g botter, in blokkies gesny 5 ml vanieljege­ursel 100 g witsjokola­de, gesmelt

Voer ’n bak van 20 x 15 cm en sowat 2 cm diep met kleefplast­iek uit. Pak eerste laag Cream Crackers in bak – die breeklyne van die beskuitjie­s moet in dieselfde rigting wys. Plaas nou suiker, vlapoeier, melk, botter en vanieljege­ursel in mikrogolfb­estande bak en meng. Mikrogolf op hoog vir sowat 10-15 minute – roer elke 2 minute om klonte te voorkom. Sodra mengsel dik en gaar is, verwyder uit mikrogolfo­ond en giet oor beskuitjie­s in bak. Gooi versigtig sodat die beskuitjie­s nie rondskuif nie en smeer gelyk. Pak res van beskuitjie­s boop vla – maak seker die breeklyne is in dieselfde rigting as dié van die onderste beskuitjie­s. Laat stol oornag in yskas. Giet gesmelte sjokolade oor en laat stol. Keer uit en sny in blokke so groot soos jy verkies – gebruik breeklyne as riglyn. Sit voor.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa