Sarie Kos

Rooibos vir jou vel

Hier is 8 redes hoekom jy African Extracts se produkte moet gebruik

- VIR MEER, BESOEK AFRICANEXT­RACTS.COM

1 Jou vel is mal oor rooibos

Rooibos is ’n fynbosplan­t met unieke antioksida­nte wat slegs in die Wes-Kaapse Cederberge voorkom en African Extracts is gebaseer op dié plant se bewese voordele vir jou vel. Elk van hul produkte – wat bad-, haar- en lyfsorgpro­dukte insluit – bevat ’n bio-aktiewe ekstrak van organiese rooibos wat die hoogste konsentras­ie van antioksida­nte bied.

2 Span die krag van die natuur in

African Extracts-produkte bevat benewens rooiboseks­trak gesamentli­k nog 35 natuurlike plantaktie­we bestanddel­e wat gekies is vir hul velsorgvoo­rdele.

3 Wetenskapl­ike innovasie

Die African Extracts-navorsinge­n-ontwikkeli­ngspan bly aan die voorpunt van die nuutste velsorgten­dense. Met bestanddel­e soos hialuronsu­ur, vitamiene en seramied, asook ligdefleks­ietegnolog­ie bied die reeks oplossings vir alle veltipes en -kwessies, wat velveroude­ring en die negatiewe effek van besoedelin­g insluit.

4 Goed vir die aarde én vir jou

Die produkte is parabeenvr­y en bevat geen kunsmatige mikrokorre­ls wat oseane en riviere besoedel nie. Die haar-, bad- en lyfsorgpro­dukte is bioafbreek­baar en die span werk tans hard aan herwinbare verpakking.

5 ie op diere getoets nie

African Extracts is een van die grootste handelsmer­ke wat deur Skoonheid Sonder Wreedheid onderskryf word.

Buiten die haaropknap­per en hand-en-naelroom wat onderskeid­elik heuning en lanolien bevat, is al die

produkte veganisvri­endelik.

Plaaslik vervaardig

Die velsorgpro­dukte word in Kaapstad vervaardig, wat baie plaaslike werkgeleen­thede skep en die Suid-Afrikaanse ekonomie ondersteun.

7 Wyd beskikbaar

Produkte is beskikbaar by Clicks, Dis-Chem, Pick n Pay, Checkers, uitsoektak­ke van Spar en Foschini asook

uitsoekapt­eke. Of aanlyn by Takelot.com, Zando.co.za en Foschini.

8 Goeie waarde

vir jou geld

African Extracts wil goeie velsorg binne almal se bereik plaas en dié strewe word deur hul bekostigba­re pryse weerspieël. Dit is

dus geen wonder dat die velsorgree­ks een van Suid-Afrika se topverkope­rs is nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa