Sarie Kos

AFRIKA SE TOP-10

-

Soos gesê, is pap en vleis ’n kontinenta­le gunsteling, maar met 1,3 miljard mense versprei oor 54 lande is daar heelwat diversitei­t.

1 Hoendertag­ine van Marokko: Die resep vir hoendertag­ine met groen olywe en gesoute suurlemoen is reeds in 1938 in die Franse kosbybel Larousse Gastronomi­que gepublisee­r. 2 Pastilla, ook van Marokko: ’n Tradisione­le duifpastei wat deesdae merendeels met hoender gemaak word. Lae papierdun deeg word om die beurt gevul met ’n spesery-en-neutmengse­l en gemaalde vleis. Pastilla is soet en sout, delikaat dog vullend. 3 Piri-piri-garnale en -hoender van Mosambiek: ’n Heerlike viering van Portugese, Oosterse en Arabiese geure, met ’n lekker byt. 4 Potjiekos van Suid-Afrika: Rooivleis, seekos, hoender of groente – mits jy dit in ’n ysterpot oor die kole gaarmaak en nié roer nie, kwalifisee­r dit waarskynli­k as potjiekos. 5 Kapenta met sadza-pap van Zimbabwe: Twee spesies varswaterv­issies wat gedroog of vars geëet word, soms in ’n bredie met tamatie, ui en grondboonp­oeier en voorgesit met mieliepap om die sous op te skep.

6 Chambo met nsima (stywepap) van Malawi: Die bekendste en gewildste vis uit die Malawimeer, oor die kole gebraai rég langs die meer en voorgesit met nsima of slaptjips. Wat chambo onderskei van gewone vis en tjips – of vis en pap – is ndiwo, ’n geurige sambal wat van pampoenof kassawebla­re gemaak word. 7 Muamba de galinha van Angola: ’n Speserygeg­eurde, ryk hoenderbre­die met palmolie, palmbotter, knoffel, rissies en okra. Variasies van die gereg word oral in die Kongo gevind. ’n Weergawe met makadamian­eute is die nasionale gereg van Gabon.

8 Brijani van Suid-Afrika: ’n Klassieke Kaaps-Maleise gereg met lae geurige vleis, rys, lensies, speserye en fyn, gebraaide uie. 9 Birjani en pilau van Zanzibar: Soortgelyk aan ’n Kaapse brijani, word dié speserygeg­eurde rysgeregte ook met ’n vars tamatie-en-uieslaai (sambal) voorgesit. 10 Nyama na irio van Kenia: Hierdie stapelvoed­sel van die Kikoejoest­am is nou landwyd wyd in Kenia gewild. Dit bestaan uit fyngedrukt­e aartappel, ertjies, jies, bone, mielies en uie wat met et gebraaide, speserygeg­eurde de nyama (vleis) voorgesit word. ord.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa