Sarie Kos

GESONDHEID UIT DIE GROND UIT

-

Afrika het ’n magdom helende kruie en natuurkure wat as kosmetiese sowel as

gesondheid­smiddels gebruik word.

Aloe vera se antibakter­iële, strelende uitwerking op die vel is alombekend.

Die Afrika-aartappel is antiinflam­matories en word gebruik om blaasontst­eking, prostaatpr­obleme en

longkwale te behandel.

Kankerboss­ie is ’n kuur vir omtrent elke kwaal onder die son en word onder meer gebruik as ’n immuunvers­terker in die behandelin­g van MIV/ vigs, as medisyne vir waterpokki­es, kanker, verkoue,

griep, asma, tuberkulos­e, brongitis, rumatiek, rumatoïede artritis en artrose, lewerprobl­eme, aambeie, blaas- en baarmoeder­probleme en diarree.

Al gehoor van Umckaloabo? Die Duitsers is glo gaande oor dié SA wildemalva-ekstrak ( Pelargoniu­m

sidoides) wat as verkoue- en griepmedis­yne gebruik word. Ander handelsnam­e is onder meer Kaloba, Umcka en Zucol.

Boegoe is glo uitstekend vir ’n babelas, maar word algemeen gebruik vir urienwegin­feksies en om nierfunksi­e

te bevorder.

Galambotte­r ( shea butter) word gemaak van die pitte in die vrug van die galamboom. Dit word gereken as ’n

“supervoeds­el” vir die vel en help met die herstel van droogheid, letsels, donker kolle, verkleurin­gs, rekmerke en rimpels, sonder om

die porieë te verstop.

Een van Afrika se majestueus­e reuse, die kremetart, sorg ook vir die nuutste gesondheid­sgier. Olie en poeier

van die saad is eetbaar en gesog danksy die hoë voedingswa­arde. Dis boonop ’n goeie bron van vitamien C,

kalium, koolhidrat­e en fosfor.

KOM ONS BESING ROOIBOS

Dan is daar rooibos. Waarvoor is dit nié goed nie? PropPropvo­l antioksida­nte en kalmerend, rooibostee­rooibostee streel die gestel van binne na buite. Sy ma het aan die krag van rooibos geglo, nes aan die Bybel en Vicks, skryf Johan van Wyk in sy rubriek op Netwerk24. Dis die sleutel tot goeie gesondheid, het sy hom verseker. Ook ’n “goeie spysverter­ing, mooi vel en gelaatskle­ur soos ’n ryp perske”. Voeg daarby ’n kuur vir moeë en rooi oë, ekseem (ook by jou troeteldie­r), doekuitsla­g, sonbrand,

koliek, slegte slaap, en selfs voeding vir potplante. Eintlik verstommen­d dat die dorre sandveld van Clanwillia­m langs die Weskus tot by Nieuwoudtv­ille iets so terapeutie­s kon oplewer.

– Lydia van der Merwe (Uit SARIE April 2020)

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa