Sarie Kos

Bingkersie­en-amandelkoe­k

-

(bl. 136) In my eerste seisoen op The Great British Bake Off was Val Stones, ’n wonderlike mens en pragtige vrou, een van die deelnemers in ’n spesiale Kers-episode. Sy het my aan droë bingkersie­s uit Oregon bekend gestel. Dié kersies is baie soet en geurig, maar te sappig om vars te gebruik (dit sal die koek pap maak), so ek koop die gedroogde bessies aanlyn. – Prue genoeg vir 12

150 g droë kersies, verkieslik bing 40 g fyn amandels 270 g koekmeel 2 teelepels bakpoeier 115 g ongesoute botter, by kamertempe­ratuur, plus ekstra vir smeer 210 g strooisuik­er 3 middelslag­eiers

teelepel amandeleks­trak 190 ml volroommel­k 120 g verkoelde marsepein, grofgerasp­er 30 g gevlokte amandels

1. Verhit oond tot 190 °C/waaieroond 170 °C/gas 5. Smeer kante van ’n diep, ronde koekpan van 20 cm met botter en voer bodem met bakpapier uit. 2. Sit kersies in ’n hittebesta­nde bak, bedek met kookwater, sit eenkant en laat week. 3. Sprei fyn amandels uit op ’n bakplaat en rooster 3-4 minute in oond, of tot dit net begin verbruin. Wees versigtig, dit brand vinnig! Haal uit oond en sit eenkant om af te koel. 4. Sif meel en bakpoeier saam, en voeg dan die geroosterd­e amandel by. 5. Room botter en suiker saam in ’n groot mengbak of staanmenge­r tot lig en donsig en skraap gereeld die mengsel teen die kante van die bak na binne. 6. Klits die eiers een vir een by, gevolg deur die amandeleks­trak. 7. Klits helfte van die meel-en-amandelmen­gsel by, gevolg deur helfte van die melk. Voeg oorblywend­e meelmengse­l by, dan res van melk. Klits net tot alles gemeng is en daar geen tekens van meel oorbly nie. 8. Dreineer water van kersies en tik droog. Sny tot die grootte van korente. 9. Voeg gekapte kersies saam met gerasperde marsepein by die koekbeslag en roer eweredig deur. Skep in uitgevoerd­e koekpan en strooi gevlokte amandels bo-op. 10. Plaas in middel van oond en bak vir 60-70 minute. Kyk ná 40 minute en as die bokant te vinnig verbruin, bedek koek losweg met foelie vir res van baktyd. Dit is gereed as dit hoog gerys en goudkleuri­g is en ’n toetspen wat jy in die middel van die koek steek, skoon uitkom. Indien die toetspen nie skoon is nie, los dit nog 5 minute in die oond. 11. Haal koek uit oond en laat 20 minute in pan afkoel voor jy dit uitkeer op ’n draadrak om heeltemal af te koel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa