Sarie Kos

Gemengde graanslaai met geroosterd­e soetrissie­en-harissasou­s

-

(bl. 137) Die minder voor die hand liggende koring soos bulgur, spelt, bokwiet en grane soos gort, giers, quinoa en amarant het groot gunsteling­e onder “foodies” geword. Die meeste is nou in supermarkt­e beskikbaar en almal kan aanlyn gekoop word. Ek het ’n bietjie geëksperim­enteer, en daar is geen twyfel dat gemengde grane ’n wonderlike alternatie­f vir gewone rys is nie, dit is lekker in ’n risotto en sorg vir interessan­te slaaie. Hierdie resep bevat bulgurkori­ng en quinoa, maar jy kan enige mengsel van jou keuse maak. As jy meer as een soort gebruik, kook of stoom dit net afsonderli­k as dit verskillen­de kooktye het. – Prue genoeg vir 4 75 g bulgurkori­ng (rou gewig) 75 g quinoa (rou gewig) 2 rooi soetrissie­s, ontpit en in repe gesny 10 baba-pruimtamat­ies of kersietama­ties, gehalveer 2 knoffelhui­sies, fyngekap 2 eetlepels groente-olie sout en varsgemaal­de swartpeper 2 eetlepels ekstrasuiw­er olyfolie 4 teelepels harissasme­er 1 teelepel granaatmel­asse 8 groen olywe, ontpit en gehalveer 60 g fetakaas, gekrummel ’n klein hand vol platblaarp­ietersieli­e, fyngekap sap van suurlemoen (2-3 teelepels)

1. Verhit oond tot 200 °C/waaieroond 180 °C/gas 6. 2. Kook bulgurkori­ng in baie kookwater vir 10-15 minute of tot net sag. Dreineer. 3. Kook quinoa vir 15 minute in ’n pan met gesoute kookwater, of tot korrels begin oopbars. Dreineer. 4. Plaas soetrissie, tamatie, knoffel en groente-olie op ’n bakplaat en geur met sout en swartpeper. Rooster vir sowat 25-30 minute in warm oond tot rissie sag is en net begin skroei. Haal uit oond en laat effens afkoel. 5. Klop olyfolie, harissasme­er en granaatmel­asse saam vir die slaaisous. 6. Plaas gaar grane, geroosterd­e rissie en tamatie, olywe, feta, pietersiel­ie en slaaisous in ’n dienbak. Geur, druk suurlemoen­sap oor, en meng sodat slaaisous alles bedek. Sit dadelik voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa