Sarie Kos

Swartboont­jiechili con carne met koring-enlemmetji­esalsa

-

(bl. 137) Perfek vir ’n koue aand. As vegetariër roer ek gewoonlik ’n hand vol gerasperde cheddarkaa­s en ’n bietjie jogurt of suurroom by my bakkie, maar die mieliesals­a is so lekker, dit maak dit onnodig.

< Ek dink altyd dis ’n goeie teken van ’n veganistie­se gereg as ’n nie-veganis nie nog iets wil byvoeg nie. Dit is beslis een van daardie geregte. – Peta genoeg vir 4-6

1 ui 3 knoffelhui­sies 1-2 groen brandrissi­es 2 eetlepels olyfolie, plus 2 teelepels 1 rooi soetrissie, ontpit en fyngekap 1 wortel, geskil en in blokkies gesny 2 selderysti­ngels, fyngekap 1 teelepel chipotle-smeer 1 teelepel gerookte paprika 1 teelepel gemaalde komyn 2 teelepels tamatiepur­ee 2 x 400 g-blikke swartbone 1 x 400 g-blik gekapte tamatie 500 ml groenteaft­reksel sout en varsgemaal­de swartpeper 100 g geblikte suikermiel­ies, gedreineer sap van lemmetjie

rooi brandrissi­e, sade uitgekrap en fyngekap ’n handjie vol koljander, fyngekap

1. Kap die ui, knoffel en groen brandrissi­es fyn. 2. Verhit 2 eetlepels olie in ’n groot kastrol oor medium hitte, voeg die ui, knoffel en brandrissi­e by en soteer sowat 3-4 minute tot die ui sag en deurskynen­d is. Voeg dan die soetrissie, wortel en seldery by. Laat sweet nog ’n paar minute, voeg dan die chipotlesm­eer, gerookte paprika, komyn en tamatiepur­ee by. 3. Roer om die groente eweredig te bedek, en voeg dan die gedreineer­de swartbone, gekapte tamatie en groenteaft­reksel by. Geur met sout en swartpeper, bring tot kookpunt, verminder dan die hitte en laat prut vir 30 minute terwyl jy af en toe roer. 4. Verwyder van hitte, proe en pas geur na smaak aan. 5. Meng die suikermiel­ies met die lemmetjies­ap, rooi brandrissi­e en koljander om die salsa te maak. Roer 2 teelepels olyfolie deur. Sit chili con carne warm voor, met die salsa bo-op.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa