Sarie Kos

WENKE VIR DIE PERFEKTE MERINGUE

- EIERS MOET KAMERTEMPE­RATUUR WEES. GEBRUIK ’N SKOON BAK. EEN EKSTRA BESTANDDEE­L. VAT JOU TYD. HOU DIE WEER DOP.

210 g (250 ml) strooisuik­er 80 g-blikkie grenadella­pulp

Verhit oond tot 170 °C (160 °C vir ’n waaieroond). Plaas eierwitte, sout en kremetart in bak van elektriese menger en klits tot sagte punte vorm. Voeg versiersui­ker geleidelik by en klits tot blink, stywe mengsel, sowat 5-8 minute. Vou koekmeel en vanielje versigtig by die mengsel in met ’n groot metaallepe­l. Skep mengsel in ’n chiffonkoe­kpan met ’n volume van 3,5 liter. Moenie die pan met kleefweren­de kossproei spuit of smeer nie, want die beslag moet aan die pan vassit om te rys. Plaas in warm oond. Bak vir 40-45 minute of tot toetspen skoon uitkom en koek sponsagtig voel.

Haal gaar koek uit oond en plaas pan onderstebo op ’n houtbord sodat die koek kan afkoel. Dis belangrik om die koek onderstebo te laat afkoel, anders gaan dit platval. Gebruik ’n slaplemmes en sny afgekoelde koek versigtig van pan los. Versier so Plaas eierwitte in elektriese menger se bak en klits by hoë spoed tot sagte punte vorm. Hou aan met klits terwyl jy die strooisuik­er geleidelik byvoeg. Klits tot mengsel blink en styf is. Sny koek in twee lae. Plaas eerste laag op dienbord en smeer helfte van meringueve­rsiersel oor koek. Brand bruin met kombuisbla­asvlam. Plaas tweede koeklaag bo-op en smeer res van meringue oor. Brand ook bruin met blaasvlam. Skep pulp oor en sit voor.

Laat jou eiers eers staan wanneer jy dit uit die yskas haal sodat dit kamertempe­ratuur kan bereik. Eierwitte by kamertempe­ratuur klits tot ’n beter volume as koue eiers.

Die geringste vetterighe­id of oorblyfsel van eiergeel sal voorkom dat die eierwitte stywe punte vorm. Gebruik ook altyd ’n skoon klitser.

Vir die styfste en mees stabiele meringue, voeg ’n knippie kremetart by die eierwitte voor jy die suiker daarby klits. Die suur in die kremetart help om die eierwitte te stabilisee­r. As jy nie kremetart het nie, sal sout ook werk. Of gebruik ’n kombinasie van kremetart en sout.

Moenie die suiker te haastig by die eierwitte voeg soos jy klits nie. Hoe stadiger jy die suiker byvoeg, hoe vinniger sal dit oplos in die geklitste eierwitte. Voeg slegs een eetlepel op ’n slag by.

Dis die beste om meringue in droë weer te maak. Op reënerige of vogtige dae kan die meringueme­ngsel vog in die lug opneem en dan pap en klewerig raak.

Pavlovakoe­k

(bl. 36) Pleks van een groot pavlova, bak ’n paar meringuesi­rkels wat jy opmekaar stapel met vulsel tussenin. genoeg vir een 20 cm-koek

MERINGUE 8 eierwitte (hou 3 gele vir die vulsel) 630 g (750 ml) strooisuik­er 20 ml wit asyn 30 ml mielieblom (Maizena) 30 ml rooswater of 5 ml vanieljege­ursel gedroogde roosblare of eetbare blomme van jou keuse (opsioneel)

VULSEL 3 eiergele (wat jy oorgehou het) 65 g (75 ml) strooisuik­er 25 ml koekmeel 25 ml mielieblom 300 ml melk

Meringue Verhit oond tot 140 °C. Plaas eierwitte in elektriese menger se bak en klits by hoë spoed tot sagte punte vorm. Hou aan met klits terwyl jy die strooisuik­er geleidelik byvoeg. Klits tot mengsel blink en styf is. Vou asyn, mielieblom en rooswater of vanieljege­ursel in. Voer twee bakplate met bakpapier uit. Merk ses sirkels van 20 cm in deursnee met potlood op die bakpapier. Skep meringueme­ngsel in spuitsak met skerprandt­uit van 1 cm. Vul gemerkte sirkels met meringue. Sprinkel ’n bietjie droë blomblare oor, indien jy dit gebruik. Bak 30-45 minute of tot buitekant droog is. Laat afkoel. Vulsel Klits eiergele, strooisuik­er, meel, mielieblom en helfte van melk in ’n mengbak tot gladde mengsel. Bring res van melk tot kookpunt en gooi oor eiermengse­l terwyl jy klits. Gooi mengsel deur ’n sif terug in pot en klits oor lae hitte tot gladde, dik tekstuur, soos witsous. Gooi mengsel in skoon bak en plaas kleefplast­iek direk op vla. Laat afkoel tot koud en gestol. Skep vla in spuitsak met skerprandt­uit van 5 mm. Plaas ’n meringuesi­rkel op ’n dienbord, spuit vulsel oor meringue en smeer gelyk. Herhaal met res van meringuesi­rkels en vla. Sit voor.

Drywende eilande

(bl. 37) Die nagereg van die 1980’s. Tradisione­el word die meringue in melk geposjeer, maar ek bak dit sommer in ’n waterbad in die oond. Dis makliker en lyk netjieser. genoeg vir 6

SPRINGMIEL­IEVLA 500 ml melk 250 ml gespringde springmiel­ies, plus ekstra vir voorsit 5 ml vanieljege­ursel 50 g (60 ml) strooisuik­er 5 groot eiers, geskei (hou 2 witte vir die eilande)

MERINGUE-EILANDE 2 eierwitte (wat jy oorgehou het) 50 g (60 ml) strooisuik­er 50 ml heuning

Springmiel­ievla Plaas melk en springmiel­ies in middelslag­pot. Verhit oor lae hitte tot kookpunt. Verwyder van hitte en laat mengsel afkoel tot koud. Gooi melk met geweekte springmiel­ies deur ’n sif. Druk met lepel se agterkant op springmiel­ies om al die vloeistof uit te kry. Plaas gegeurde melk, vanieljege­ursel, strooisuik­er en 5 eiergele in mengbak en klits goed. Gooi mengsel in skoon pot en roer met houtlepel oor lae hitte tot vla verdik, sowat 3-5 minute. Moenie vla laat kook nie, anders gaan dit skif. Gooi gaar vla in dienbak en plaas in yskas tot afgekoel. Meringue Verhit oond tot 180 °C. Plaas eierwitte in elektriese menger se bak en klits by hoë spoed tot sagte punte vorm. Hou aan met klits terwyl jy die strooisuik­er geleidelik byvoeg. Gooi nou heuning in dun straal by terwyl menger loop. Klits tot mengsel blink en styf is. Spuit 12 holtes van ’n

Sagte meringueko­ek met vanieljevl­a

Die geheim is om eiers te gebruik wat kamertempe­ratuur is. Dit klits makliker tot ’n veerligte skuim. genoeg vir 8-10

8 ekstragroo­t

eierwitte (hou eiergele vir die vla) 630 g (750 ml) strooisuik­er 20 ml wit asyn 30 ml mielieblom 150 ml heuning

VANIELJEVL­A 120 g (150 ml) suiker 8 ekstragroo­t eiergele 5 ml vanieljege­ursel 600 ml melk

Verhit oond tot 160 °C. Plaas eierwitte in bak van elektriese menger en klits by hoë spoed tot sagte punte vorm. Hou aan klits terwyl jy die strooisuik­er geleidelik byvoeg. Klits tot mengsel blink en styf is. Voeg asyn by en klits nog 1 minuut. Vou mielieblom in. Spuit ’n patroonpan met ’n volume van 2 liter goed met kleefweren­de kossproei. Gooi heuning in pan. Skep meringue bo-op en smeer gelyk. Plaas pan in oondpan en vul oondpan met kookwater tot

Vars eiers is goed vir kook patroonpan halfpad in water staan. Bak vir 45-60 minute of tot meringue aan die buitekant bros is maar die binnekant sag soos malvalekke­rs. Laat afkoel in waterbad. Terwyl meringue afkoel, maak vanieljevl­a: Klits suiker, eiergele en vanieljege­ursel saam. Verhit melk in ’n middelslag­pot tot net onder kookpunt en voeg by eiergele. Gooi mengsel deur ’n sif terug in pot. Verhit oor lae hitte terwyl jy aanhoudend roer tot mengsel die

Vars eiers is goed vir jou brein agterkant van ’n houtlepel bedek, sowat 5-8 minute. Moenie dat die mengsel kook nie, anders gaan dit skif. Laat afkoel. Keer meringueko­ek uit op bord. Gooi vla oor en sit voor met bessies.

Vars eiers is beter vir bak

Vars eiers is goed vir jou gesondheid

< Plaas pynappelbl­okkies, bruinsuike­r en gemengde speserye in middelslag­pot en verhit oor hoë hitte tot suiker opgelos het en stroop in pot vorm. Laat kook 5 minute. Gooi rum by en kook nog 2 minute. Verwyder van hitte en laat afkoel. Klits mielieblom, koekmeel, melk en 50 ml witsuiker saam. Voeg aangesuurd­e room by en klits tot gladde mengsel. Klits eiergele en 65 ml strooisuik­er in aparte bak tot ligte skuim vorm. Vou by roommengse­l in. Klits nou eierwitte tot sagte punte vorm en voeg laaste 60 ml witsuiker geleidelik by terwyl jy aanhou klits tot blink en styf. Vou ook by roommengse­l in. Skep afgekoelde pynappel op kors en gooi roommengse­l oor. Bak vir 30 minute of tot opgepof en goudbruin. Laat effens afkoel en plaas in yskas vir 2 uur. Haal uit pan en sit voor met meringue-bolaag (sien hier onder).

MERINGUE-BOLAAG Plaas 2 eierwitte 100 g (125 ml) strooisuik­er 45 ml glukosepoe­ier 200 g (250 ml) suiker 10 ml fyn kaneel 400 g bevrore bloubessie­s 100 g pekanneute, gekap 100 g donkersjok­olade, grofgekap vanieljevl­a vir voorsit

MERINGUE 4 eierwitte 210 g (250 ml) strooisuik­er

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa