Sarie Kos

Geurige aartappels

Die perfekte witsous is nou moeitevry danksy se Sauce Delight™ White Sauce. Dit word van room en botter gemaak en maak enige groente- of pastagereg ekstra luuks en romerig

-

Soppoeierw­aaiers

(bl. 90) Ja, ek weet dis nie grênd of fênsie nie. Maar dit bly lekker, dis nes my ma die sous gemaak het. genoeg vir 6-8

12 aartappels, ongeskil 60 ml olyfolie 1 sakkie bruinuie-soppoeier 500 ml water 2 takkies roosmaryn, baie fyn gekap 2 knoffelhui­sies, fyngekap sout en varsgemaal­de swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Plaas aartappels een op ’n slag in opskeplepe­l met ’n diep holte. Gebruik ’n skerp mes en maak ’n klomp snytjies in elke aartappel – sny elke sny tot die mes op die rand van die lepel druk. Meng res van bestanddel­e, buiten sout en peper. Plaas aartappels in oondrooste­rbak en skep mengsel oor. Geur goed. Bak vir sowat 30-35 minute of tot aartappels goudbruin en bros is. Sit warm voor.

Aartappelf­ondant

(bl. 91) Nee, dis nie die bekende nagereg met loperige sjokolade in die middel nie. Die aartappels word gaargemaak in ’n aftreksel totdat dit smelt-in-jou-mondsag word. genoeg vir 6-8

60 ml botter 45 ml olyfolie 3 takkies tiemie 15 ml chipotlevl­okkies 8 groot aartappels, geskil 500 ml beesaftrek­sel sout en varsgemaal­de swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Verhit oor hoë hitte botter, olyfolie, tiemie en rissievlok­kies in groot braaipan wat in die oond kan gaan. Braai geskilde aartappels in die bottermeng­sel tot goudbruin reg rondom. Gooi aftreksel by. Geur goed met sout en peper. Maak pan toe met foelie. Rooster vir sowat 30-35 minute of tot aartappels murgsag is en die aftreksel opgesuig het. Proe aan sous in pan en geur met sout en peper indien nodig.

Goue eendvetaar­tappels met pestosous

(bl. 92) Jy kry eendvet by die meeste supermarkt­e se pluimveera­k. Jy kan ook kanola-olie gebruik. genoeg vir 6-8

6 groot aartappels, geskil 500 ml eendvet of kanola-olie sout en varsgemaal­de swartpeper 250 g-bakkie basiliekru­idpesto 100 ml koue water

Verhit oond tot 180 °C. Sny aartappels in kwarte. Bring pot met water tot kookpunt. Voeg aartappels by en kook vir 2 minute. Dreineer dadelik en versprei eweredig op bakplaat sodat dit kan afkoel. Plaas eendvet of kanola-olie in oondrooste­rpan en plaas in warm oond vir so 5 minute. Haal pan met warm vet of olie versigtig uit oond en pak afgekoelde aartappels versigtig in vet. Plaas terug in oond en braai vir 20-25 minute of tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispap­ier. Geur met sout en peper. Meng pesto en water en sit dadelik voor met aartappels.

Jy kan die vet of olie waarin jy die aartappels braai, weer gebruik. Syfer dit deur ’n oliefilter en hou in die yskas tot weer benodig. Jy kan dit nog twee keer gebruik.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa