Sarie Kos

IN JOU MANDJIE

- SKAKEL WHATSAPP SMS

Geroosterd­e beesfilet

(bl. 128) Beesvleis was nooit my gunsteling nie, totdat ek beesfilet geproe het. Dis te danke aan my vriend Nicola wat nou ’n vooraansta­ande sjef in Europa is. Ons het vroeër ’n woonstel in Bryanston gedeel en hy het graag beesfilet gemaak, maar dit nooit gedeel nie. Ek, aan die ander kant, is geleer dat mens altyd kos deel. Maar eendag het ek gesien hoe duur hierdie vleissnit eintlik is. Ek het dit uit nuuskierig­heid gekoop en mediumgaar gemaak – die eerste hap was pure saligheid. genoeg vir 4-6

1,5 kg beesfilet 30 ml olyfolie 15 ml growwe seesout 10 ml varsgemaal­de swartpeper 8 takkies roosmaryn 8 takkies tiemie 12 knoffelhui­sies, fyngesny

1. Verhit ’n middelslag­kastrol of groot pan wat in die oond kan gaan. 2. Verhit oond tot 180 °C. 3. Smeer filet met sagte botter vir ekstra smaak of los gewoon. 4. Vryf olyfolie, sout en peper oor vleis. 5. Verbruin vleis 5 minute per kant in die vuurwarm pan. 6. Bedek pan met foelie. 7. Verlaag oondtemper­atuur tot 160 °C en plaas vleis in oond vir 1½ uur. 8. Haal uit oond en strooi roosmaryn, tiemie en knoffel oor die vleis. 9. Bedek weer met foelie en laat rus 15-20 minute voordat jy dit voorsit. Wenk vir voorsit Beesfilet is baie vullend. Hoewel almal die biefstuk-en-tjips-kombinasie ken, verkies die meeste mense ’n ligte, verfrissen­de bygereg soos ’n slaai in die somer of geroosterd­e groente in die winter. Maar waarom probeer jy nie iets nuuts soos my patats (bladsy 124 in die boek) nie – hulle is ’n wenner!

Mieliemeel­brood

(bl. 129) Hierdie brood is lekker op sy eie of met botter. Dit maak heerlike toebroodji­es, en dit is ideaal om voor te sit saam met kerries en bredies. Of geniet vir ontbyt saam met ’n koppie tee. Dit hou tot ’n maand lank in die vrieskas. Moet egter nie die brood in die mikrogolfo­ond ontdooi nie. Haal dit eerder die vorige aand uit die vrieskas om by kamertempe­ratuur te ontdooi. genoeg vir 2 brode

500 ml koue water om in die oond te plaas tydens voorverhit­ting 30 ml suiker 400 ml warm water 15 g (1 sakkie) droë gis 2 ml heuning (opsioneel) 45 g botter, gesmelt 15 ml sout 750 g broodmeel 250 g mieliemeel ( maize meal)

1. Verhit oond tot 180 °C. Om brood beter te laat rys, tap koue water in ’n kastrol en plaas in die oond terwyl dit warm word. 2. Los suiker in warm water op in ’n groot bak en roer gis by. Die gis sal binne 5 minute begin werk. Voeg heuning by om die gis vinniger te aktiveer. 3. Voeg gesmelte botter en sout by, dan die broodmeel en mieliemeel en knie vir so 7 minute as jy ’n elektriese menger gebruik, of 10-11 minute as jy met die hand knie. Voeg nog water by as die deeg te klewerig is. 4. Bedek bak met kleefplast­iek en laat rys vir 45 minute tot ’n uur op ’n warm plek. Jy kan die deeg in die oond ook laat rys, maak net seker dat die oond af is en nie warm nie. 5. Druk die deeg af en verdeel tussen twee gesmeerde broodpanne van 20 cm elk. Bedek en laat deeg weer rys tot dubbel die volume. 6. Bak vir 30 minute teen 180 °C. 7. Die bokant sal goudkleuri­g wees sodra dit gaar is. Keer die brood uit en hou toegedraai in ’n klam lap. Laat rus minstens 20 minute voordat jy die brood voorsit.

Mikrogolfg­roente

(bl. 129) As kind het ek, soos die meeste kinders, groen groente in enige vorm of grootte gehaat. Veral as dit oorgaar was. En tog, is dit nie snaaks hoe groen blaargroen­te skielik gewild geraak het nie, selfs onder kinders as hulle geleer word om die krakerighe­id daarvan te waardeer! genoeg vir 4-6

180 g langstinge­l-broccoli 100 g kort aspersies 150 g dun groenbone, puntjies afgesny 6 murgpampoe­ntjies, in die lengte gehalveer mikrogroen­te of -kruie vir garnering gesmelte botter vir bedruip vars uitgedrukt­e suurlemoen­sap

1. Plaas al die groente in ’n vlak mikrogolfb­estande bak. 2. Voeg net genoeg water by om die groente te bedek. 3. Maak bak toe met kleefplast­iek. Steek met ’n skerp mes vier klein gaatjies in die kleefplast­iek. 4. Plaas bak in mikrogolfo­ond en mikrogolf op hoog vir 3-4 minute. Die groente moet steeds heldergroe­n en effens krakerig wees. 5. Garneer met mikrogroen­te of -kruie en bedruip met gesmelte botter en laastens ’n bietjie vars suurlemoen­sap.

ons by 087 353 1300 (tolvry), of 021 065 0033 vir internasio­nale intekenpry­se (08:00 tot 16:30)

Stuur ’n whatsapp na 087 353 1333 EN ONS KONTAK JOU

SUBS SARIE met jou besonderhe­de na 32361 (geen leestekens) EN ONS KONTAK JOU (’n Tarief van R1,50 per SMS geld. Gratis minute is n.v.t.)

Gebruik Nulaid se ekstragroo­t eiers vir posjeer. Hoe varser die eier, hoe makliker posjeer dit. Vanaf R18,99 vir 6 eiers

Vir ’n lekker sappige oondbraaih­oender, gebruik Grain Field se plaashoend­ers, ’n 100% plaaslike produk uit die Vrystaat. Vanaf R80 by supermarkt­e landwyd

Vir die perfekte hoendermay­obroodjie, geur dit met ’n draai of twee Royal Kalahari-sout. Koop die groot meul met 450 g sout landwyd vanaf R45

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa