Sarie Kos

Ekstra romerig, ekstra lekker

Avokado’s, wat nou in seisoen is, kan jy enige tyd van die dag geniet. Dis veselryk, bevat hartvriend­elike vette en het boonop minerale en antioksida­nte vir ’n gesonde immuunstel­sel

-

Avokado-hoemoes op roosterbro­od

Dié hoemoes gaan gou ’n gunsteling raak in jou huis. Sit dit voor as voorgereg of peuselkos. genoeg vir 8

4 avokado’s, geskil en ontpit 1 x 400 g-blik kekerertji­es, gedreineer 45 ml tahini (sesamsmeer, kyk by winkel se gesondheid­srakke) 2 knoffelhui­sies 1 rooi brandrissi­e sap en gerasperde skil van 3 suurlemoen­e sout en varsgemaal­de swartpeper 100 g (110 ml) botter, gesmelt 1 ciabatta, in skywe gesny

Plaas avokado’s, kekerertji­es, tahini, knoffel, brandrissi­e en sap en skil van suurlemoen­e in voedselver­werker. Pols by hoë spoed tot gladde, romerige mengsel. Geur goed met sout en peper. Verhit botter tot warm in braaipan en braai brood tot goudbruin en bros. Smeer met hoemoes en sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa