Dadelbolletjies
(bl. 32) Ek is mal oor dadels in enige vorm, maar hierdie balletjies met die ligte likeur-skop is buitengewoon lekker. genoeg vir 40 balletjies 250 ml droë klapper, plus ekstra vir rol 4 x 250 g-pakkies ontpitte dadels 80 ml haselneutlikeur (Frangelico) 45 ml nartjiesap skil van 1 nartjie 750 ml pofrys
Pols klapper, dadels, likeur, nartjiesap en -skil in ’n voedselverwerker tot ’n growwe mengsel. Skep in groot mengbak en roer pofrys by. Vorm mengsel in klein balletjies en rol in ekstra klapper. Sit voor.