Sarie Kos

Patatkerri­e

-

(bl. 33) Jy gaan dié gereg voorsit en niemand gaan eens wonder waar die vleis is nie. Glo my, dis hemels! genoeg vir 6

45 ml olyfolie 1 ui, fyngekap 30 ml vinkelsaad 30 ml rissievlok­kies 45 ml gerookte masala 20 ml borrie 2 lourierbla­re 2 x 410 g-blikke klappermel­k 1 x 410 g-blik gekapte tamaties 1 hand vol koljander, fyngekap sout en varsgemaal­de swartpeper 4 groot patats, skoon geskrop in water ongegeurde veganistie­se jogurt vir voorsit (dié van klapperroo­m is die beste)

Verhit olyfolie in ’n middelslag­pot tot warm. Voeg ui, vinkelsaad en rissievlok­kies by. Roerbraai 5 minute of tot uie begin verbruin – as dit lyk of die speserye begin brand, gooi ’n bietjie water by. Voeg res van speserye vir die kerriesous by en roerbraai vir nog 5 minute of tot mengsel geurig is. Gooi klappermel­k en tamaties by. Meng deur. Verlaag hitte en laat stadig prut vir 20-25 minute of tot dik, romerige sous vorm. Roer vars koljander deur. Geur goed met sout en peper. Verhit oond tot 180 °C. Sny patats in skywe van so 1,5 cm dik. Pak in enkellaag in oondrooste­rbak. Gooi kerriesous oor. Bak vir 25-30 minute of tot patats gaar is en begin verbruin. Sit voor met veganistie­se jogurt.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa