Sarie Kos

Kookklas 2: Onthoupoed­ings

Niks maak jou sintuie so wakker en troos jou teen die winterkou soos die soet geur van ’n warm winterpoed­ing wat in die kombuis hang nie. Die vreugde en genot daarvan is in die eenvoud; niks fênsie nie, maar o, so lekker!

- Resepte HERMAN LENSING foto’s WILLEM LOURENS

Kom ons praat poedinglek­kerte

KATRYN KRUGER internasio­nale model en sameroeper van Koffie met Katryn

As ek dink aan winterpoed­ing, is dit aan my ma se souskluitj­ies (of “sponskluit­jies”). Sy het dit met regte botter en báie kaneelsuik­er gemaak. Ná ’n Sondagmidd­agete van tradisione­le kookkos het ons gesin dit geëet met ’n groot pot tee daarby en saam om die tafel gekuier en gelag terwyl die Kaapse weer buite woed.

KAREN ZOID musikant en aanbieder

van Republiek van Zoid Afrika

Malvapoedi­ng laat my dink aan my ouma Elsa, wat altyd kaart en Scrabble saam met my gespeel het. Sy was nie noodwendig ’n goeie kok nie, maar malvapoedi­ng was haar spesialite­it. Ek en sy het altyd tot laat in die aand wakker gebly en swart-en-wit Al Debbo-flieks gekyk terwyl ons tee drink en malvapoedi­ng eet. Dis tot vandag toe my gunsteling­nagereg.

JOLENE MARTIN Beatrice in

Arendsvlei

My gunsteling is Kaaps-Maleise boeber, ’n soort sagopoedin­g wat van vermicelli gemaak word. Dit is seker dié ongeloofli­kste geurherinn­ering uit my kinderjare. Toe ek jonk was, het my loopbaan my van die Kaap na Johannesbu­rg geneem en ek het gehunker na die Kaap as dié poeding in die ronde was. Die kombinasie van kardemom, kaneel, klapper, amandel en rooswater is soos balsem vir my gemoed. Tot vandag toe laat dit my droom!

MARCIEL HOPKINS model en

Boer soek ’n vrou- aanbieder

Ek dink aan malvapoedi­ng en vla as ek winterpoed­ing uit my kinderdae herroep. Ná ete by die tafel kon ons op die sagte banke voor die vuur gaan opkrul met ’n bakkie malvapoedi­ng en vla wat jou hande warm hou en jou hart volmaak. Dit bring ’n gevoel van gesinslief­de, knusheid en veiligheid by my op.

ANNELISA WEILAND Kate in

Suidooster

Hoewel ek nie eintlik ’n “poedingmen­s” is nie, dink ek terug aan die pampoenkoe­kies wat my ouma gemaak en vir ons as nagereg voorgesit het. Eendag het sy weer ’n baksel gemaak en ek het my vergryp, so erg dat ek lank daarna nog ’n naar kol op my maag gekry het as iemand net die woord “pampoenkoe­kie” noem. Matigheid was nog nooit my sterk punt nie!

LARÉ BIRK Alice in Binnelande­rs

Ek dink aan Lambertsba­ai. Koud. Nat. Mistig. Met die see se aroma in die lug, gemeng met gasstoof en kaneel. My ouma se lag en my ma se sagte stem. En ’n bakkie met warm melkkos wat als laat stop vir ’n onvergeetl­ike oomblik.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa