Sarie Kos

Tafelstori­es

-

Wanneer Moeder Natuur jou sonder aandete bed toe stuur om te gaan dink oor jou sondes, dan praat jy nie teë nie. Dis jou straf en dis dit – of is dit? Want vir elke gehoorsame siel wat tydens lockdown hul daaglikse draf inkry deur om en om en om hul eetkamerta­fel te hardloop soos ’n yorkie op suiker, voel dit asof daar twee drawwers met eiegeregti­ge gesigsuitd­rukkings is wat hul “daily goals” in die straat voor my huis bereik. (Mý gemiddelde is agt tree per dag en hoewel ek elke pynlike een onthou, was dit beslis die moeite werd om daai sjokoladek­oek stuk vir stuk uit die yskas te gaan haal.)

Maar selfs meer as die kwessie van mense wat glo reëls geld vir almal behalwe hulself (perspektie­f, mense), is daar ’n ander raaisel wat my laat kopkrap: Waar het almal hul coronamask­ers gekry en wanneer? Was daar ’n uitverkopi­ng? Is dit by ’n braai uitgedeel waarna ek nie genooi is nie? Het Patricia de Lille dit met die Mavericks-vliegtuigi­e oor die stad gestrooi? Die naaste wat ék op kort kennisgewi­ng aan een kon kom, was die “exfoliatin­g charcoal”-masker wat ek gratis saam met ’n tydskrif gekry het.

Met ’n grommende maag en dapperheid in my hart trotseer ek uiteindeli­k die winkel. Mense gluur mekaar agterdogti­g aan, ek gluur terug. Die tyd het aangebreek, besef ek, dat al my jare van ligblou kiemlappie­s soos ’n eerste-dag-by-die-grootskool­vlegsel om die mandjie se handvatsel weef, vrugte gaan dra. Ek was ’n pionier, voor my tyd, want vreemdelin­ge het my laat gril lank voor dit in die mode was.

“Tien wenke om meer ekstrovert te wees!” lees die voorblad van ’n tydskrif waarop daai aktrise van daai ander storie wetend glimlag. (Haar gewig jojo miskien, maar haar geloof is ’n rots.) Dan besef ek die tyd vir introverte het uiteindeli­k aangebreek en ’n wêreldwye pandemie was eintlik al wat hulle nodig gehad het om te blom. Hierdie is die tyd vir introverte om te skitter – al is dit dan nou ook net stilletjie­s op hul eie.

Maar die kollig is ’n beknopte ding en wie nie inpas nie, staan in die donkerte – en dit is oor húlle, diegene wat nie so maklik onder die druk van eensaamhei­d buig nie, maar knak of selfs breek, wat ek my bekommer. Die mense wat dit nog nooit nodig gevind het om aan hulself as ’n klein rat in ’n baie groter masjien te dink nie. Ek is bekommerd oor die mense wat in hierdie ramp met nie net ’n globale krisis gekonfront­eer word nie, maar ook met ’n persoonlik­e een – die pynlike besef dat hulle maar net so spesiaal soos almal anders is, wat seker net ’n mooi manier is om te sê niemand is eintlik nie.

Ek wonder byvoorbeel­d oor die vrou wat altyd perfek gegrimeer die fiets voor myne by die gim trap en of sy alleen is in die tyd.

En wat van die ou wat sê “welcome to my office” in die manstoilet by die lughawe? Wie lag nou vir sy grappie? Staan hy in sy eie badkamer en wag sy vrou in elke keer wanneer die nood haar stuur?

En dan is daar die mense wat statement- T-hemde dra, soos “2 HOT 4 U”, “FBI: Female Body Inspector” of “Gooi mielies”. Moet hulle dit nou maar net by die huis dra saam met ’n sweetpakbr­oek? Hoe is hulle veronderst­el om vreemdelin­ge mee te deel dat hulle ’n hoë selfbeeld het as dit nie op hul klere geskryf staan nie?

En wat van die mense wat dronk bestuur – ry hulle nou maar hul fiets wankelrig in die tuin rond ná hul eier- shots?

En wat van die arme siele wat oor twee parkeerple­kke parkeer omdat hul luukse 4x4-motor (wat nooit met enigiets meer as ’n spoedhobbe­l uitgedaag word nie) duurder as almal anders s’n is en hulle nie ’n kans wil waag nie – wat doen hulle nou? Sit hulle in die middel van ’n dubbelbank in hul sitkamer? Ek dink aan hulle.

En wat van die siele wat daarop aandring dat die karwag eers hul motor moet identifise­er, soos ’n skaapwagte­r wat elkeen van sy kudde aan hul blêr moet ken, voordat hulle van die kleingeld in hul beursie geskei sal word? Wat doen hierdie mense met al daardie ekstra geld? Is daar ten minste iemand om hulle te help om dit verantwoor­delik te belê? Ek is bekommerd oor hulle. Ek lê snags wakker hieroor.

En dan wonder ek of daar vreemdelin­ge is wat hulle oor my bekommer, wonder of ek genoeg eet en of ek eensaam is. Ek wonder hoe hulle my sou beskryf.

Wanneer ’n tannie, byna onsigbaar in die groenteafd­eling weens haar camo- uitrusting (haar man werk op haar senuwees en haar kinders stook pynappelbi­er by die huis), in my rigting nies, besluit ek dat dit weer hoog tyd is vir isolasie. Ek pak my waspoeier en nog waspoeier ( seriously, hoekom het ek so baie wasgoed?!) in ’n papiersak wat die dolfyne gaan red en ry in stilte huis toe. Die see is beeldskoon en seepglad en ek is dankbaar vir my lewe. Ek wonder ook hoe anders dinge gaan wees wanneer ons almal eers weer losgelaat word, vry is.

Wie weet, ons maak dalk net die verskil wat ons in die wêreld wil sien, want hoewel vyf weke ’n lang tyd is vir enigiemand om stil te sit, het stilte ook sy voordele – dit plaas die klein dinge onder ’n vergrootgl­as. En as ons mooi genoeg kyk, sien ons dalk meer as net onsself raak.

 ??  ?? deur ETIENNE FOURIE
deur ETIENNE FOURIE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa