SONDER SKULDGEVOEL
’n Gesonder peuselhappie hoef allermins smaakloos en vervelig te wees. Rosspatatskyfies is nuut op die mark in 3 geure: romerige kerrie, snoekpatee en seesout. Op die pakkie is die oewerkonyn, wat voorkom op die plaas Laastedrif by Ceres waar die tjips gemaak word, om bewusmaking te skep van dié soogdier as een van die mees bedreigde ter wêreld. Sowat R20 per pakkie by uitsoektakke van Spar in die Wes-Kaap en Evergreens in Johannesburg