Sarie Kos

Ilse van der Merwe: Dié girl kan kook

Kosblogger en aanbieder van Via se Klankbord Ilse van der Merwe kan nou ook ’n eerste kookboek agter haar naam skryf. Met Cape Mediterran­ean: The Way We Love to Eat* kook sy nou éérs, en nie hóé nie, Kaap-Mediterree­ns. Sy vertel meer en deel 5 resepte

- resepte ILSE VAN DER MERWE teks HERMAN LENSING foto’s TASHA SECCOMBE

1 Wie is Ilse en waar kom sy vandaan? Ek is op Stellenbos­ch gebore, het hier skoolgegaa­n en ook graad gekry in verbruiker­swetenskap (kleding en tekstiele). My pa het by die universite­it se stigting gewerk en my ma was ’n musiekonde­rwyseres en entreprene­ur. Ek is die tweede oudste van vier kinders, so ons was altyd ’n groot gesin wat hou van eet en kosmaak! My ma het vir ’n tuisnywerh­eid gebak toe ons jonger was; sy is steeds bekend vir haar veerligte mosbolletj­ies.

2 Jy is alombekend vir jou blog, The Food Fox. Waar kom jy aan die naam en wat beteken dit? Voor ek begin blog het, was ek vir byna 10 jaar in die musiekbedr­yf as ’n bespreking­sagent en feesorgani­seerder. My agentskap se naam was Red Fox, so toe ek begin agterkom ek is liewer vir kos as enigiets anders, het ek ’n blog begin met die naam wat daaruit gevloei het. Kort daarna het ek my agentskap gesluit en voltyds met kos begin werk.

3 Was dit moeilik om die skuif van musiek na kos te maak? My loopbaan in die musiekbedr­yf was vol avontuur en ek sal altyd daarop terugkyk as ’n wonderlike tyd in my lewe. Tog het ek op 32-jarige ouderdom besef dis nie wat ek vir altyd wou doen nie, en my grootste passie was nog altyd kos. Ek moes ’n manier vind om sonder formele opleiding by die kosbedryf in te kom. My blog het my gehelp om die bedryf te leer ken, om kreatief te wees en hopelik nuwe geleenthed­e te vind waaruit ek ’n inkomste kon verdien. Dit was rof aan die begin, maar ek het deurgedruk!

4 Ek is ’n groot aanhanger van Klankbord, die program wat jy deesdae op Via (DStv-kanaal 147) aanbied. Dis vars, uniek en anders. Hoe het die konsep ontstaan? Toe ek besluit het om ’n blog te begin, was my hoofdoelwi­t om op die ou end ’n TV-program van my eie aan te bied. Ek het met verskeie konsepte gespeel, maar dit het my agt jaar geneem voor ek die idee vir Klankbord gekry het. Dit was ’n natuurlike uitvloeise­l van my dualisties­e lewe van musiek en kos (ek is met ’n musikant getroud ook). Carien Loubser [’n vriendin] het die konsep saam met my verfyn, en toe kry ons uiteindeli­k ’n “ja” van Via.

5 As Ilse ’n liedjie was, hoe sal sy klink, wat is haar beat? Sjoe, moeilike vraag! Ek dink ek is ’n bietjie meer rock ‘n’ roll as folk, maar nie te wild nie. Iets met ’n dieper betekenis en ’n sterk mood, maar met ’n stewige backbone van baskitaar. Dalk iets soos “Be Yourself” van Audioslave (Chris Cornell). 8 Waarom dink jy raak ons so emosioneel oor kos en musiek?

Ek het al baie daaroor nagedink en is steeds nie 100% seker wat die antwoord is nie. Tydens die verfilming van Klankbord het ek besef ek het ’n ongeloofli­k sterk emosionele trigger wat musiek soos ’n tsoenami. betref – ek Wanneer kan dit nie jy dus afskakel binne nie. daardie Dit spoel “stemming” oor my iets dit ’n eet, ervaring ruik, voel, wat proe jou oorweldig en al jou sintuie en jou bybly. betrokke Mense maak, moet is dit gerus meer probeer! 7 Wat kan ons verwag as ons jou eerste kookboek, Cape Mediterran­ean: The Way We Love to Eat, oopslaan?

Dis ’n versamelin­g resepte waarmee jy maklik tuis kan onthaal op ’n informele manier – toeganklik­e, smullekker, onopgesmuk­te maar mooi kos. Omdat ek so lief is vir Mediterree­nse kos, het ek besef die Wes-Kaap het soveel produsente van Mediterree­nse bestanddel­e dat ons eintlik ons eie klein mikro-Mediterree­nse streek hier beet het, sonder om ’n tree te reis.

8 Waar kom jou liefde vir Mediterree­nse kos vandaan? Dis net iets waarna ek natuurlik hunker – ek het nog nie baie gereis nie, maar al die boeke en artikels wat ek aanlyn oor Mediterree­nse kos gelees het, het my geboei. Dit resoneer met my! Ek hou spesifiek van die eenvoud en dat vars bestanddel­e die hoofspeler­s is.

9 Jou hoofmedium is digitaalge­drewe, maar laat papier jou hart so ’n bietjie anders klop? Ek was van kleins af verlief op papier en ink – en net so lief vir kuns en skryf. Hierdie gekombinee­rde liefde het gelei tot die blog waarin ek kreatief kan wees in albei. Maar om ’n regte, egte boek met ’n reuk en ’n tekstuur te kan vashou en jou handewerk te kan deurblaai is ongeëwenaa­r. Niks kom daarby nie!

10Wat van ons land beïnvloed jou manier van ko ok? Wat is die magic wat jy nêrens anders kry nie? Ek word ongeloofli­k geïnspiree­r deur die gehalte en diversitei­t van ons plaaslike vars bestanddel­e en kleiner produsente – kaas en alle suiwel, groente en vrugte, vleis, charcuteri­e, brood . . . die Wes-Kaap is ’n wêreldklas-skatkis vir mense wat lief is vir eet en kosmaak.

11 As ek net een resep uit jou boek maak, watter een moet dit wees en hoekom? Dis die moeilikste vraag nog! Haha, dis soos om een van jou kinders voor te trek. As ek móét kies, is dit dalk een van die eenvoudigs­te en mees klassieke Mediterree­nse resepte in die boek, gemaak met plaaslike bestanddel­e: capresesla­ai met ryp tamaties, vars buffelmozz­arella uit Wellington, daai wonderlike verouderde balsemasyn van Rozendal en ’n ordentlike skeut van die lekkerste ekstrasuiw­er plaaslike olyfolie. Hemel op ’n bord.

 ??  ??
 ??  ?? * Cape Mediterran­ean: The Way We Love to Eat word deur Struik uitgegee en kos sowat R380 by boekwinkel­s, Loot of Takealot
* Cape Mediterran­ean: The Way We Love to Eat word deur Struik uitgegee en kos sowat R380 by boekwinkel­s, Loot of Takealot

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa