Sarie Kos

Mocktails met vrugte

- deur HERMAN LENSING foto’s MICHAEL LE GRANGE teks LYDIA VAN DER MERWE, SARIE-GESONDHEID­SREDAKTEUR

Van New York tot Londen – alkoholvry­e drankies is gróót nuus. Soektogte na woorde soos ‘mocktail’ en ‘non-alcoholic’ skiet aanlyn die hoogte in, volgens Google Trends. Ja, ook hier in SA is dit gewild. Nie net is dit gesonder nie, maar dis ook ’n gesofistik­eerde keuse

Daar is (nog) ’n gapende kloof in ons samelewing. Fuifdrinke­ry en alkohol-afhanklikh­eid is groter as ooit. Daarteenoo­r drink ’n groeiende aantal mense minder, wel, soms. Aan-en-af-drinkers kan alkoholvry­e geleenthed­e op hul kalender aanteken: Soos Daybreaker (daybreaker.com), ’n vroegoggen­ddansgemee­nskap van meer as ’n halfmiljoe­n mense in sowat 44 stede wêreldwyd. En Sober Grid (sobergrid.com), ’n sosiale app met sowat 108 000 gebruikers as jy nugter wil bly. Ander mense gebruik mindfulnes­s, ’n fokus op die hier en nou. Dit help swaar drinkers inderdaad om die elmboog minder te lig, volgens ’n studie in die Internatio­nal Journal of Neuropsych­opharmacol­ogy. En te oordeel na verlede jaar se geesdrifti­ge meelopers, gaan sowat 5 miljoen mense wêreldwyd binnekort 2021 afskop met Droë Januarie – ’n maand waar die drankkabin­et toebly. >

< Dis ’n tendens oral: Sowat 33% van mense wêreldwyd wil minder kappe maak, om redes wat wissel van gesondheid, tot seksuele berou en verleenthe­id, volgens die Global Drugpeilin­g met sowat 72 000 respondent­e. Suid-Afrikaners kan nog ’n rede hierby voeg, buiten die drankverbo­d tydens die inperkings­tyd: Die regering beplan om alkohol geheel en al taboe te maak vir mense wat bestuur. Tans mag jy slegs 0,05 g alkohol per 100 ml bloed in jou liggaam hê wanneer jy agter die stuurwiel inskuif. Iemand wat 68 kg weeg, kan derhalwe

10 ml (suiwer) alkohol per uur inneem.

Dié ingesteldh­eid om minder te wil drink wen veld, veral onder die jonger generasies. Sowat 72% van millenniër­s sê hulle keur dit nie goed dat mense van 18 en ouer feitlik elke dag een of twee drankies drink nie, volgens navorsing deur Goldman Sachs Global Investment (goldmansac­hs.com). Maar minstens in Amerika doen hulle nie wat hulle predik nie en dop ook maar lekker, wys navorsing deur die marknavors­er Nielsen.

Dis maklik om te sê “te veel alkohol is sleg vir jou”. Daar is immers die lang lys gesondheid­sprobleme waarvoor dit die blaam moet dra, van jou sat lewer tot motorongel­ukke. Meer ingewikkel­d is die vraag: Is geen alkohol beter vir jou gesondheid as net ’n bietjie?

Die Global Burden of Diseases-studie in die joernaal The Lancet het die data van honderde studies en ander inligting (waaronder verkope van alkohol, die drink van tuisgebrou­de alkohol, selfs die geskatte inname van toeriste) van 1990 tot 2016 in 195 lande ondersoek. En ontleed hoe groot die impak van alkohol op jou gesondheid werklik is, insluitend dood en ongeskikth­eid weens motorongel­ukke, aansteekli­ke siektes, kanker en hartvatsie­ktes. Die bevinding laat ’n mens nogal dink: Daarvolgen­s is dit die beste vir jou algehele gesondheid as jy glad nie drink nie. Die definisie van “’n drankie” in die studie was 10 g alkohol.

Ander bevindings van die studie:

Alkohol was in 2016 die sewende grootste oorsaak van dood en ongeskikth­eid wêreldwyd; sowat 2% van vroulike en 7% van manlike sterftes is as alkoholver­want beskou.

In die ouderdomsg­roep 15-49 was alkohol die vernaamste risikofakt­or vir dood en ongeskikth­eid wêreldwyd. Tuberkulos­e, padongeluk­ke en selfbeseri­ng was die grootste oorsake (die risiko vir elk van dié toestande is hoër as jy drink).

By ouer volwassene­s was kankersoor­te verwant aan alkoholgeb­ruik die hoofoorsaa­k van dood.

Gesondheid­srisiko’s styg oor die algemeen soos wat alkoholgeb­ruik toeneem. Ligte alkoholgeb­ruik (minder as 1 drankie per dag) het ’n effense beskermend­e effek op hartsiekte en diabetes by sommige groepe.

In ’n ontleding op die Harvard Mediese Skool se webtuiste (health.harvard.edu) word gesê die Global Burden of Diseases-studie is groot, wat help om tendense te identifise­er. Belangrike individuel­e faktore kan egter só misgekyk word, want dit is waar dat alkohol sommige mense méér skade aandoen, ander minder. Die wegneemboo­dskap is wel: As jy nie eintlik van alkohol hou nie, is daar geen “medisinale” redes om nou te begin drink nie. Al het ons almal êrens in ons verlede iemand in die ouer generasie wat in ’n knertsie voor slaaptyd se helende krag geglo het! BYKOMENDE BRONNE: time.com, netwerk24.com

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa