Sarie Kos

ROLENE STRAUSS

Mej. Wêreld 2014

-

Spreker, skrywer en sakevrou. Tans is sy besig met haar meestersgr­aad in filosofie en lewensafri­gting, én sy het ’n splinternu­we aanlyn kursus, Rediscover Your Self-Confidence, begin om vroue te help om hul selfvertro­ue te bou en hul drome vreesloos na te jaag

Jy is ’n ma van twee klein seuntjies. Geniet jy hulle?

Ag, verskrikli­k baie. Ek dink ek het twee harte, want al twee is my hart se punt. Ek is dolverlief op hulle en hulle is so goed vir my siel. ’n Deel van my selfvertro­ue-reis is juis my kinders wat lief is vir my net soos ek is. Ek is hul alles en hulle is my alles. Jy is besig met jou meestersgr­aad in filosofie en lewensafri­gting . . .

Ja, dis ’n lekker nuwe uitdaging. Ek en my man is getroud in 2016, kort nadat ek die kroon oorhandig het, en ons het hierdie plan gehad: dat ek my mediese graad gaan klaarmaak, Kaap toe gaan trek en my internskap en gemeenskap­sdiens daar doen.

Drie maande ná ons troue vind ek uit ek is twee maande swanger; dit het alles verander. Ek moes kies tussen medies en om in hierdie spesiale tyd weg te wees van my man en kind. Dis toe dat ek medies opsy geskuif het. Maar die deel van my wat graag mense wil help en genees, was steeds daar. Dis hoekom ek nou in my meestersgr­aad fokus op vroue wat sukkel met selfvertro­ue.

Het jy raad vir iemand wat ook nou verder wil studeer?

Daar is nooit ’n regte tyd nie en daar is nooit ’n verkeerde tyd nie. As jy vrede in jou hart het en dis iets wat jy graag wil doen, vat daardie sprong en doen dit.

Jy is jonk, energiek, positief en het al soveel bereik. Wat is volgende?

Daar is soveel dinge. Die inperking het my die geleenthei­d gegee om my afrigting op ’n groter skaal te begin doen. Daar waar ek nie in persoon kan wees nie, kan ek aanlyn wees en ek is opgewonde om dit na nog ’n vlak te vat.

Wat maak SA so uniek?

Dis die plek waar ek geleer het om te praat, te droom en te bid. Dis waar ek geleenthed­e gekry het om my drome uit te leef, waar oneindig baie moontlikhe­de is en waar ek my kinders gekry het. Suid-Afrika is die tuin waar ek geplant is en waar ek water kry.

Het jy nog moed vir ons land?

Definitief. Alles in die lewe gaan deur laagtes en hoogtes, maar soos hulle sê as jy in die hospitaal lê en aan die EKGmasjien gekoppel is: Jy wil nie hê dit moet konstant loop nie, want dit beteken jy’s dood. Dit móét op en af gaan.

Hoe voel jy oor Afrikaans?

Ek koester Afrikaans. Vir my gaan ’n taal baie oor kultuur. Dis hoekom ek kies om my kinders in Afrikaans groot te maak sover ek kan, want dis ’n kultuur wat jy vir hulle aanleer. Ek voel ek is ’n beter mamma as ek kan praat in my moedertaal.

Wat is altyd op jou spyskaart vir ’n laatontbyt?

Vir my beteken brunch om ’n paar keer op te skep, so daar moet ’n verskeiden­heid op die tafel wees. Varsgebakt­e brood, quiche en ’n bak met vrugte is altyd lekker. Ek maak ook sommer gewoonlik ’n granola met neute, kaneel en heuning.

Jy kan een bekende na jou ontbyt toe nooi, wie is dit?

Ek sal ’n gesprek met Kate Middleton geniet of die motivering­spreker Lisa Nichols. Sy leer jou hoe om voor mense te praat en stories te vertel.

Een of twee wenke as jy gaste vir ontbyt kry?

Daar moet ’n warmskinkb­ord wees [lag]. Ek het nou nog nie een nie en sukkel my morsdood om alles gelyk warm te kry en te hou.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa