Sarie Kos

WILMA VAN DER BIJL

Mej. SA 1987

-

Sakevrou en borskanker­aktivis

Wat maak SA so uniek?

Ons mense, ons natuurskoo­n en ons uithouverm­oë. Ons kan aanpas by alles. Ons is ’n uiteenlope­nde nasie, ek kan dit vir niks verruil nie.

Het jy nog moed vir ons land?

Altyd! Ons kan berge versit.

Wat is jou gunsteling­dorp in SA?

Oudtshoorn. Ek het daar grootgewor­d. Dis ’n pragtige rit, of jy nou die Tuinroete omry of die R62 vat. Daar is soveel toeriste-aantreklik­hede, dink maar net aan die Kangogrott­e, die volstruisp­lase, natuurskoo­n en Swartberge. En as jy daar is, kan jy maklik George toe ook oor die Outeniquap­as. Daar’s net iets spesiaals daaraan.

Hoe voel jy oor Afrikaans?

Ek is verskrikli­k lief vir Afrikaans. ’n Mens kan min dinge so goed sê soos in Afrikaans. Daar is sekere grappe wat jy net kan vertel in Afrikaans en gesegdes wat net werk in Afrikaans. Dis ’n wonderlik beskrywend­e taal!

Wat maak jou opgewonde?

Om elke oggend op te staan, om gesond te wees en my kinders en man te kan sien.

Jy het al soveel bereik, is al deur so baie en het boonop ’n suksesvoll­e besigheid. Hoe definieer jy jou sukses?

Ek dink nie aan myself as suksesvol nie. Dis ’n lewensreis en ek is net dankbaar vir wat ek het. Vir my het sukses nooit ’n eindpunt nie. Daar is doelwitte en as jy een bereik, is daar altyd nog een om na te streef. So dis altyd ’n groeiprose­s.

Gesegde waarvolgen­s jy leef . . .

Live in the moment and be appreciati­ve.

Wat is vir jou lekker van ’n laatontbyt?

Dat jy omtrent twee maaltye in een kan eet.

Wat is altyd op jou spyskaart?

’n Klomp goed: eiers, wors, sampioene, konfyt, kouevleise, lekker tamaties, kappertjie­saad en heerlike varsgebakt­e brood. Ook olywe, fetakaas, quiche, kase en vrugte soos pynappel en druiwe. Ag, sommer alles.

En die blomme op jou tafel?

Bloeisels, as ek dit in die hande kan kry. Of tulpe, rose, laventel of wit lelies.

LANGSTINGE­L-BROCCOLI MET

POMELO-HOLLANDAIS­E

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa