Sarie Kos

AMY KLEINHANS-CURD

Mej. SA 1992 Stigter van Dial-A-Teacher, filantroop en sakevrou

-

Wat maak SA so uniek?

The Australian­s don’t live here [lag]. Die feit dat ons ’n bietjie van alles het, dink ek. Brawe mense. En daar kom altyd iets nuuts uit Suid-Afrika, van Elon Musk tot nuwe maniere van boer. We don’t stop reinventin­g ourselves. Ons is die veranderin­g wat ons wil sien. Ons is aanpasbaar en het ’n ongeloofli­ke werksetiek.

Wat is jou gunsteling­dorp in SA?

Franschhoe­k. Toe ek op universite­it was, het ons altyd daar en op Stellenbos­ch gaan jol. Eerlikwaar, ek bid, “Here, as ek doodgaan, wil ek nie hemel toe gaan nie, ek wil Franschhoe­k toe.” Die lekkerste van die dorp is dat dit so kosmopolit­ies is. Dit het die beste sjefs en restaurant­e, en die locals is sout van die aarde. Die feeste bring ook drama en die kuns van die lewe na die dorp toe. Franschhoe­k bied so baie en dis goed vir my kinders.

Wat is die beste raad wat jy al gekry het?

Vier klein woordjies: This too shall pass. Die lewe sal perfek lyk, die lug blou, ek’s gelukkig, ek’s trots op my kinders en wat ek bereik het en ek sê vir myself, this too shall pass. En wanneer ek by ’n begrafnis is of my in ’n stresvolle situasie bevind en ek weet nie watter kant toe nie, weet ek ook: this too shall pass. Elke storm het ’n einde. Hierdie woorde hou my nederig.

Jy is ’n sakevrou en filantroop en het al ’n verskil in soveel mense se lewe gemaak. Wat inspireer en motiveer jou?

Ek kan nie nee sê nie [lag]. Ek is ’n opgeleide onderwyser en die onderwys was nog altyd na aan my hart. Ek is ook baie lief vir ’n uitdaging waaruit ek kan leer. Mense vra baie vir my, “Amy, dink jy jy sal ooit weer vir iemand anders werk?” Tot hul verbasing, antwoord ek, ja. Ek bedoel as Barack Obama my gaan vra om vir hom te werk [lag] . . . As ek kan leer by iemand anders soos die hoof van die VN of saam met iemand kan werk wat my in ’n rigting trek waarin ek nooit gedink het ek sal gaan nie, hoekom dan nie? Ek hoop van harte ek kan vir die res van my lewe nog leer.

Hoe beskryf jy jouself?

As ’n veldblom. Ek groei waar mense nie verwag ek sal groei nie.

Wat is jou definisie van sukses?

Soos William Shakespear­e sê: To thine own self be true. Jy moet doen waarvoor jy lief is en lief wees vir wat jy doen.

Hou jy van ’n laatontbyt?

Ja, vir my is dit die ergste as my kinders op Moedersdag sesuur die oggend in my kamer kom met ’n gebakte eier, halfkoud, harde roosterbro­od en sê, “Happy Mother’s Day”. Nee, my kinders weet hulle moenie vir my koue eier gee nie. Ons kan eerder die hele dag sit en brunch.

Wat is altyd op jou spyskaart?

Roereier.

Een of twee wenke as jy gaste kry?

As jy ’n klomp mense nooi, is dit dikwels moeilik om alles warm te hou. Maak jou roereier met salm en sit kruie langs die kant. Dan pak ek ook gewoonlik varsgebakt­e brode en kase uit. Maklik en vinnig.

Watse blomme is op jou ontbyttafe­l?

Pioenrose of antieke rose. Of bloeisels, moontlik die mooiste ding wat jy op ’n ontbyttafe­l kan sit.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa