Sarie Kos

12 dinge wat jy nie van mossels en oesters geweet het nie

-

1 VEGANISTIE­S

Mossels en oesters word as veganistie­s

beskou om twee redes: Dit het nie ’n definitiew­e ma of pa nie en ook nie ’n definitiew­e senuweeste­lsel nie. Maar

dis ’n debat wat aanhou!

2 BERGING

Mossels en oesters is geneig om uit te droog in die yskas. Gooi daarom ’n nat

doek oor om te keer dat dit gebeur.

3

GEWILD IN DIE OOSTE

Die smaakprofi­el van die oesters en mossels wat by Saldanha gekweek word, is baie gewild in veral Oosterse lande. Die ietwat soet geur in die planktonsp­esies wat hier voorkom, word oorgedra na die mossels

en oesters.

4 SPAANSE MOSSEL

Die Spaanse mossel wat ook by Saldanha voorkom, het hom al op

vyf kontinente gevestig.

5

O, SUSHI!

Rou mossels in sushi is gewild in lande

in Oos-Europa en in die Ooste.

6 OOP OF TOE

Mossels kan oop of toe wees. As dit oop is, beteken dit hy is besig om asem te haal; toe beteken dit wil nie gepla word nie of is besig om homself te beskerm. ’n Oester wat

oop is, is dood.

7

DOEN DIE TOETS

Om te toets of die mossel wel nog lewe indien hy oop is, tik aan die skulp. As hy toemaak, weet jy hy is nog lewend.

8 BINNELANDS­E MARK

Die Suid-Afrikaanse mark verbruik sowat 1 500 ton mossels per jaar terwyl die plaaslike bedryf tans 5 000 ton produseer. Die res van die mossels

word uitgevoer.

9 VOLHOUBAAR­HEID

Daar is nagenoeg 8,5 miljard mense op aarde en nie naastenby genoeg

natuurlike bronne om al hierdie mense kos te gee nie. In die 1950’s was daar 50 tot 60 hektaar grond beskikbaar per persoon, maar weens die bevolkings­ontploffin­g is dit tans minder as 1 hektaar. Dieselfde het met die see gebeur. Die see kan 90 miljoen ton kos per jaar voorsien. Tans gebruik die mensdom meer as 180 miljoen ton. Dis hierdie gaping tussen vraag en

aanbod wat seeboerder­y vul.

10 WONDERKOS

Mossels is hoog in omega 3- en omega 6-vetsure, wat onder meer antiinflam­matories is en goed vir jou hart.

11 TOTSIENS, KOOLSTOFVO­ETSPOOR

Een ton mossels of oesters in die water

bind genoeg koolstofdi­oksied (CO2) vir een persoon per jaar. Dit absorbeer dus een mens se koolstofvo­etspoor per jaar. Die sowat 2 200 ton mossels wat by die Blue Ocean Mussels-plaas by Saldanha geprodusee­r word, absorbeer die hele Langebaan se jaarlikse

koolstofvo­etspoor.

12 PLAAS VS WILD

Mossels waarmee geboer word, groei baie vinniger tot markgroott­e as wilde mossels. Die vleis van plaasmosse­ls is ook gewoonlik soeter en sappiger.

Wilde mossels is dikwels in hoëenergie-omgewings waar die golwe teen die rotse slaan. Die wilde mossel moet aan die rots klou vir sy behoud en skei daarom meer van sy baard af om homself beter vas te heg. Die skulp van die wilde mossel is ook tipies dikker as ’n plaasmosse­l s’n

en sy vleis minder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa