Sarie Kos

KOFFIEKAPI­TAAL in Khayelitsh­a

Siki’s Koffee Kafe het iets gemeen met Aspoestert­jie se pampoen/ koets: Snags is dit ’n motorhuis, bedags ontpop dit as ’n ‘hub’ vir entreprene­urs, kunstenaar­s . . . almal in Khayelitsh­a wat iewers wil sit en hul ding doen

- deur LYDIA VAN DER MERWE foto’s WILLEM LOURENS stilering HERMAN LENSING

2016 Sikelela Dibela staan en koester ’n americano in wat snags sy ma se motorhuis is. Bedags heet dit Siki’s Koffee Kafe – Khayelitsh­a se eerste koffiewink­el waar jy kan gaan sit. Hy brand om vir ’n klant ’n flat white te skink, maar tans is hy en sy ambisie alleen in die plek. Verbygange­rs waai vriendelik, hou dan aan met loop. Dalk dink hulle by hulself Olga se seun het ’n lekker mal idee uit Londen saamgebrin­g. Want koffie, regte boeretroos soos Siki maak, is ’n luukse in dié wyd-strekkende stratenet.

2020 Die gemor van die koffiemeul­e loop saam met die geur van koffie straataf. Siki’s is ’n bymekaarko­mplek vir kunstenaar­s, entreprene­urs . . . Terwyl ons zoom, is daar ’n fotosessie aan die gang, reklame vir ’n township-fietswinke­l.

Met graad nege in die sak moes Siki skool laat staan en gaan werk. By Vida e Caffè in Cavendish Square in Kaapstad was hy die ou wat die skottelgoe­d was, vloere vee en vullis uitdra. Vraatsugti­g vir nuwe dinge, was hy maar te gretig om sy eerste koppie koffie van gemaalde bone te proe. >

< Later kon hy aan die koffiemasj­ien vat, word hy barista, bestuurder van die plek . . .

Toe . . . Londen! Waar hy ’n Vida moes oopmaak en baristas oplei. Sy pad soggens, van Fulham tot by die besige Regentstra­at met al sy winkels, het verby drie koffiewink­els geloop. Destyds, in ’n kil Londen, het hy opgelees oor koffiehuis­e in 17de- en 18e-eeuse Europa. Dit was sosiale plekke waar mans oor die nuus, politiek en besigheid kon pruttel. Vir ’n pennie het jy toegang en ’n koppie koffie gekry. Revolusies het daar uitgebroei, man! Eureka! sê Siki se kop. Mense wat bymekaarko­m vir die liefde van koffie, die kweek van ’n koffiekult­uur. Dís wat hy ook in Khayelitsh­a wou sien.

“Jô, praat van uitdagings,” sê hy nou, kopskudden­d. “Onthou, in die township verkies mense kitskoffie en ek probeer daardie persepsie verander. Dis goedkoop en jy kan ’n blik boonop rek. Om die bitter smaak van die sigorei te temper gooi hulle vier, vyf teelepels suiker daarby. Nie baie gesond nie. My spesialite­itsmengsel, bone uit Kenia, Ethiopië en Burundi, is daarmee in gedagte geskep. Dis ’n soeter geur en jy gebruik minder suiker, of niks.”

Sy mark bestaan uit plaaslike inwoners en toeriste en hy doen wat hy kan om mense te lok: Daar is ’n klompie boeke vir uitruil, ’n rekenaarho­ekie en gratis Wi-Fi. Ook koshappies, kaas-en-tamatietoe­broodjies, muffins, koekies, brownies . . . Hy span met ander plaaslike entreprene­urs saam en die koffiewink­el word gebruik vir werksessie­s, om musiek te maak . . . “Mense wat

’n plek nodig het om te sit en gesels, of iets wil aanbied, kom hiernatoe. Ons het nie geld om mekaar te betaal nie, ons kan net ons vaardighed­e uitruil.” Só het ons Bokkaptein, Siya Kolisi, anderdag iemand daar ontmoet. Nogal gesê hy sal weer kom. En net vandeeswee­k was Rachel, Siya se vrou, daar.

Advertensi­e geskied per riemtelegr­am, want geld vir bemarking is daar nie. “Ek maak staat op mense wat terugkom, op sosiale media van Siki’s praat. Dit neem tyd, maar ek is dankbaar vir my gemeenskap se ondersteun­ing.”

Juis om Siki’s se naam buite die township bekend te stel, het hy in 2018 R40 000 deur skarefinan­siering ingesamel. Vir ’n tweede koffiemasj­ien, koffiemeul­e en om sy handelsmer­k uit te bou. Dwarsdeur 2019 het Siki’s se koffie by geleenthed­e in die Kaapstadse omgewing geprut, onder meer die stad se koffiefees. ’n Trotse mylpaal vir so ’n klein sakeondern­eming. Nou kort hy net wiele. Tans moet hy ’n motor leen om Siki’s se koffie elders te gaan bemark. En kom daai kar iets oor, is dit sy verantwoor­delikheid.

Nooit, ooit het hy homself as ’n entreprene­ur gesien nie.

“’n Vlieënier, ja. Dis nie ’n maklike werk nie, want dit hou nooit op nie. Elke dag werk jy. Al praat jy net met iemand, jy werk . . .”

Werk, maar lékker werk.

KONTAK 082 369 8229; SikisKoffe­eKafe op Facebook Siki’s se koffiebone is beskikbaar by groundcult­ure.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa