Sarie Kos

Hier is die onderwerpe van die 13 klasse

-

KLAS 1 JOU MES

Die beginpunt van lekker kosmaak – die regte mes, reg gebruik, reg opgepas.

KLAS 2 EIERS

Die beginsels en baie maniere om skrophoend­ers se eiers, sjefs se lieflingbe­standdeel, te benut.

KLAS 3 AFTREKSELS EN SOUSE

Bemeester die basis van ’n goeie sous, jou sleutel tot diep, ryk geure.

KLAS 4 SEEKOS EN VIS

Kies volhoubaar by die vistoonban­k en berei dit soos ’n gesoute sjef.

KLAS 5 HOENDER

Skrop- of hokhoender? Kies, sny, ontbeen en rooster die trots van die Sondagtafe­l só.

KLAS 6 LAMSVLEIS

Blad of boud, aan die been of gerol, Karoo of Kalahari, lamsvleis is weelde van die veld.

KLAS 7 SPESERYE EN KERRIE

Leer ken jou “innerlike” spesery, meng self masala en ontdek die geurgeheim­e van ’n goeie kerrie.

KLAS 8 AARTAPPEL

’n Paar slim sjefstruuk­s later en jy voer die nederige aartappel tot bistroperf­eksie.

KLAS 9 PASTA

Ravioli! Tagliatell­e! Laat jou pastagereg­te en -souse met groot handgebare praat.

KLAS 10 BROSKORS – SOET EN SOUT

Elementêre bestanddel­e en basiese tegnieke lewer die veelsydigs­te korsdeeg vir soet en sout.

KLAS 11 SJOKOLADE

Onweerstaa­nbare sjokolade. Smelt, smeer en temper dit soos ’n chocolatie­r.

KLAS 12 BLAARDEEG

Bemeester die omtowering van lagies botter en meel tot pronkerige, uitgepofte korsdeeg.

KLAS 13 CHOUXDEEG

Oe-la-la. Die misterie en moontlikhe­de van Parys se pofferigst­e fyngebak onthul.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa