Sarie Kos

Alkoholvry nie-alkoholies de-alkoholise­erd

Ken die verskil

-

As jy wyn koop vir iemand wat nie drink nie vanweë swangerska­p of om ander persoonlik­e redes, maak seker jy ken die verskil tussen die nie-alkoholies­e soorte.

Alkoholvry, of 0% alkohol

Druiwe wat nooit gefermente­er het nie en jou beste keuse as jy twyfel. (Hoewel dit debatteerb­aar is. In Duitsland het ’n analise tot 0,77 g/liter etanol [alkohol] in lemoen-, appel- en druiwesap gevind. Jare gelede was daar plaaslik ’n herrie toe vrugtesapp­e wat lukraak getoets is, ook beduidende hoeveelhed­e etanol bevat het. Vrugtesapp­e met ’n hoë suikerinho­ud kan soms voor pasteurisa­sie fermenteer.)

Nie-alkoholies­e wyn, of minder as 0,05% alkohol

In teorie is dit alkoholvry, maar dis nie noodwendig die geval nie. Dit word op presies dieselfde manier as alkoholies­e wyn gemaak. Wanneer fermentasi­e voltooi is, word die alkohol verwyder tot dit minder as 0,05% is.

De-alkoholise­erde wyn

(de-alcoholise­d), of minder as 0,5% alkohol

Die naaste aan die ware Jakob. Alkohol speel ’n belangrike rol in die geurprofie­l en balans van wyn. Verwyder die alkohol en die balans word versteur. Nou is daar deesdae tegnieke om alkohol te verwyder wat die wyn se aromas en mondgevoel baie min verander. Ook dit word nes alkoholies­e wyn gemaak en die alkohol ná fermentasi­e verwyder tot dit minder as 0,5% is. Die karakter van die wyn word dus behou.

Robertson Winery het die volgende de-alkoholise­erde produkte op die mark:

Droë en soet wit vonkelwyn Droë en soet rosé-vonkelwyn

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa