Sarie Kos

OPLOSSINGS

FLINKD(R)INK

-

1. B Hoewel sjampanje 90% van die tyd uit pinot noir, pinot meunier en chardonnay bestaan, kan dit ook klein hoeveelhed­e pinot blanc, pinot gris, petit meslier en arbane bevat. Die eerste sjampanje is in 400 v.C. deur die Romeine gemaak.

2. C Die Chinese het 1,3 miljard bierdrinke­rs en verkoop 85% van alle bier ter wêreld. As dit egter gaan om bier per capita, is die Tsjegge los voor – hulle drink meer as 140 liter per persoon per jaar.

3. D Armagnac is die oudste brandewyn handelsmer­k in Frankryk en stook die produk al sedert die 14de eeu.

4. A

5. A Tequila kan help met verslankin­g, is in 2014 in navorsing in Amerika bevind. Dit word van die agaveplant gemaak, wat jou bloedsuike­rvlak laat daal en jou gouer versadig laat voel. Een sopie tequila het glo sowat ’n derde van die kilojoules in ’n glas witwyn. 6. C

7. D

8. C

9. B Baijiu is die gewildste spirituali­e in die wêreld vanweë die groot hoeveelhed­e daarvan wat in China gedrink word. Dit word meestal van gefermente­erde sorghum gedistille­er.

10. A Angostura bitters is vir die eerste keer in 1824 gemaak as maagmedika­sie vir Duitse soldate. Dit het veral in die 1900’s bekend geword toe die Ritz-hotel in Parys en die Savoy-hotel in Londen dit in skemerdran­kies begin gebruik het.

11. C Kersielike­ur, oftewel kirsch, is ’n bestanddee­l in tradisione­le swartwoudk­oek.

12. A

13. A Dis ’n suur SA bier gemaak van mielies, sorghum, gis en water.

14. C Mampoer kan van enige vrugte gestook word, maar meestal word perske, appelkoos en lietsjie gebruik. Dis glo genoem na die Pedi-stamhoof Mampuru.

15. D

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa