Sarie Kos

Ontmoet die kenners

-

Klas1

JOU MES

KENNER JERALD BLABER

Hy slyp reeds 25 jaar sy kundigheid om messe met die hand te maak en doen dit voltyds uit sy ateljee op Portervill­e in die Wes-Kaap. Dié liefde het in sy kinderjare by ’n knipmes begin en vandag spesialise­er hy in die maak van kombuis- en ander gebruiksme­sse uit herwonne materiaal, soos ou wynvate vir hewwe en hoë-gehaltekoo­lstoflemme.

Dié behendige kok glo drie goeie messe is al wat jy nodig het. Hy neem die mistiek uit die kuiltjies op lemme, verduideli­k hoe ’n Japanse santokoeme­s van ’n sjefsmes verskil, en vra of ’n skottelgoe­dwasser jou lieflingme­s se vriend of vyand is.

Klas2

EIERS

KENNER CELIA MYBURGH

Celia van Homegrown Free-Range Eggs op Stellenbos­ch het met plaaseiers begin boer nadat ’n verdwaalde lêhennetji­e, Mama Vuvuzela, op haar plaaswerf aangeloop gekom het. Nou verskaf sy eiers aan die kieskeurig­ste sjefs. Gelukkiger kan haar hoenders nie wees nie: Bedags skrop hulle in die beddings, saans skarrel hulle self terug hok toe om in vrede hul eiertjie te lê.

Of jy wil weet hoe plaaseiers eties en smaakgewys van hokeiers verskil, of eiers met bruin doppe beter smaak as wittes (soos koningin Elizabeth glo), hoekom party eiergele helder is en ander bleker, of wil toets of ’n eier vars is, Celia ken al die antwoorde.

Klas3

AFTREKSELS EN SOUSE KENNER CARMEN MULLER

Dié sjef het in 2015 die Eat Out Rising Star-toekenning ontvang en haar aansien as kreatief, energiek en tegnies uitmuntend bevestig. Sy het haarself al bewys by Terroir, Rupert & Rothschild, Towerbosch, Viande en Simonsig. Die maak van aftreksels is haar gunsteling­kombuisrit­ueel en souse met ’n titsel saffraan hier en ’n spatsel sjerrie daar haar superkrag.

Vergeet van leermeeste­rs wat perfeksie en kompleksit­eit soek, want Carmen glo selfs die mees basiese aftreksel en eenvoudigs­te sous verhef ’n bord kos tot die volgende vlak. Sy benut elke deel van die plant of dier en maak daarmee die lekkerste kos.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa