Sarie Kos

Die see is sy plaas

-

Een van die oudste mossel-en-oesterplas­e in Suid-Afrika, Blue Ocean Mussels, is geleë op die dorpie Saldanhaba­ai aan die winderige Kaapse Weskus. Mosselboer Nico Prins werk al vyf jaar as plaasbestu­urder hier en sy kennis van skulpvis en akwakultuu­r het ons

by hom laat inloer om meer oor die bedryf uit te vind 1

Wat presies is akwakultuu­r?

Dié wye veld word gedefiniee­r as die verbouing van ’n waterverwa­nte produk in die see-omgewing, hetsy dit in vars- of soutwater is. Dis doodeenvou­dig om met iets soos visse te boer. Die boere maak die omstandigh­ede in die water optimaal sodat byvoorbeel­d die vis, skulpvis of perlemoen optimaal kan ontwikkel en groei. Uiteindeli­k word die vis dan verkoop.

2

Het jy akwakultuu­r studeer?

Nee, ek het ’n BSc-graad in genetika gedoen en ’n meestersgr­aad waarin ek gefokus het op perlemoen. Daarna het ek by die Universite­it Stellenbos­ch se akwakultuu­rafdeling begin werk, waar ons van perlemoenb­esighede tot visplase ontwikkel het. Ons het ons konsep bewys, ’n proefplaas begin en dan ’n kommersiël­e vennoot gekry. Toe ek daar weg is, het ek by Blue Ocean Mussels aangesluit.

3 As jy hierdie doen, neem ek aan jy is lief vir die see . . . Ja, en die leefstyl is aanloklik. As jy hou van die son op jou rug, sout op jou gesig, om uit te kom see toe en in die water te wees, is hierdie absoluut die werk vir jou. Ek bestee wel 80% van my tyd in ’n kantoor om admin te doen, tipies van ’n bestuursro­l. In die begin het ek ’n punt daarvan gemaak om so vier tot vyf keer per week saam uit te gaan op die bote, nou gaan ek maar so een keer ’n week saam uit.

4

Hoe boer julle met die mossels en oesters?

Die mosselwyfi­e stel eiertjies vry in die water en die mannetjie sperms. Dit meng in die water en word larwes. Hierdie larwes kan tot 12 maande in die water dryf. Wanneer dit ’n geskikte aanhegting­spunt kry, gaan dit deur ’n metamorfos­e en ontwikkel die tipiese mossel wat ons ken. Die larwes kan vasheg aan tou, klippe of enigiets anders wat in die water hang. Terwyl die mossel dan daar sit en groei, filter dit ook plankton uit die water. By Blue Ocean Mussels anker ons groot vlotte in die water en hang toue van 6 meter daarvan af. Dis hoe ons met die mossels boer. Elke vlot dra so 40 ton mossels ’n jaar wat ons kan oes.

5

Wat is jou gunsteling­deel van die werk?

Jy kan die resultate baie vinnig sien aangesien die groeisiklu­s van mossels net 10 tot 12 maande is. In ander boerderye is dit baie langer. My pa boer met proteas op ons

familiepla­as en dit vat hom tien jaar om ’n nuwe markblom te kweek totdat hy dit uiteindeli­k op die mark kan kry.

6 Wat is die grootste uitdaging van die mosselboer­dery?

Die onvoorspel­baarheid van die omgewing. Ons is absoluut uitgelewer aan die wyer omgewing wat gaan bepaal of jy suksesvol is of nie. Daar kan môre ’n storm kom en al die mossels van jou vlotte afhaal en dan sit jy met niks. Die meeste mense wat in die akwakultuu­rbedryf werk, het waarskynli­k begin in perlemoen- of visboerder­y waar daar in ’n beheerde omgewing geboer word. Mosselboer­dery is anders, jy sit jou mossels uit en hoop die natuur bring haar kant. Tog raak dit met ervaring makliker om vooruitska­ttings te maak soos byvoorbeel­d wanneer dit rooigety gaan wees.

7 Hoe verskil jul oestye van somer na winter?

Ons gaan in die somer al vyfuur soggens met die boot uit want dan is dit vroeër lig en die vraag van die varsproduk­temark is ook groter. In die somer verskaf ons gewoonlik tot so twee ton mossels per dag aan die mark, terwyl ons in die winter so 500 kg ’n dag mark toe stuur. Dan gaan ons sesuur in die oggend uit. Omdat die vraag na mossels op die varsproduk­temark in die winter afneem, stuur ons meer mossels na die fabriek toe, wat heeljaar daagliks agt tot tien ton mossels benodig.

8 Wat is die verskil tussen ’n mossel- en ’n oesterboer?

Mosselboer­e is die “luiste” in die bedryf. Jy sit net ’n tou in die water, wag vir die mossels om te ontwikkel en dan wag jy 10 tot 12 maande dat dit grootword voor jy oes. Oesterboer­e moet elke 50 tot 60 dae die oesters in die water uithaal en die hokke skoonmaak. Hierdie siklus word 12 tot 14 maande lank herhaal. Ons plaas produseer so drie- tot viermiljoe­n oesters per jaar. Dit beteken die werkers moet so 160 000 oesters per dag hanteer. Dit is ’n geweldige werksladin­g en belemmer die oester se groeitempo.

9 Hoe lyk Blue Ocean Mussels se toekoms?

Ons het baie potensiaal om hierdie baai te ontwikkel. Die bedryf kan waarskynli­k eendag tot 30 000 ton mossels per jaar uithaal. Dit sal egter steeds tien keer kleiner wees as die tipiese industrieë in die buiteland. Die meeste ander lande produseer so 300 000 ton mossels ’n jaar en Nieu-Seeland tot 350 000 ton.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa