Sarie Kos

Kom ons praat yskaspoedi­ng

-

WILLEM POOL Boer soek ’n vrou 2019

Toe ek ’n kind was, het my ma altyd ’n pynappelpo­eding gemaak wat sy in die yskas gesit het. Ek en my susters het dit die “pynappelle­kkerny” of “pynappelpo­eding” genoem, want dit het eintlik nie ’n naam gehad nie. Saterdagog­gende sou my ma dit aanmekaar geslaan het – die Ideal-melk lekker koud gemaak, sulke gekapte blokkies pynappel, en natuurlik het Tennis-beskuitjie­s die basis gevorm. Daar was ’n paar geheime bestanddel­e ook! Maar dit was so lekker en sy het dit met geklopte room bo-op voorgesit.

RÉAN CLASEN Boer soek ’n vrou 2018

Ek het goeie herinnerin­ge van yskaspoedi­ngs. Só onthou ek hoe my ma altyd die heerlikste flambé-karamelpoe­dings gemaak het, waarvan ek as kind nie genoeg kon kry nie. En by die kerkbasaar­s op Groblersho­op was die poedingtaf­el ’n fees van yskaspoedi­ngs – in al wat ’n kleur is, want jy het ’n skeppie van alles in jou bakkie gesit. Natuurlik eet jy met Kersfees amper eerder die trifle as die ander kosse!

TOANETTE ELS Boer soek ’n vrou 2018

As kind het ons dikwels Sondae gaan uiteet by ’n plek waar daar altyd trifle as nagereg was. En ons het eintlik spesifiek daarvoor gegaan, want dit was ’n groot hoogtepunt vir ons – veral omdat ons gesin nie juis self groot was daarop om nagereg by die huis te maak nie. As ek vandag aan trifle dink, dan onthou ek daardie Sondae toe ek, my pa, my ma en my broer as gesin saam gaan eet het.

HENTIE KRUGER Boer soek ’n vrou 2019

Yskaspoedi­ng laat my altyd dadelik aan my oorlede ma dink. Een van die lekkerste herinnerin­ge wat by my opkom, is dat sy altyd spesiaal vir my koejawelte­rt gemaak het as ek by haar gaan kuier het of as sy kom kuier het. Die kors word gemaak van Rice Krispies en gesmelte marshmallo­w, dik gesmeer met gekookte kondensmel­k, gevolg deur ’n laag ingelegde koejawels, met styfgeklop­te room bo-op. Dit is my absolute gunsteling; ek sal Hantie moet leer hoe om dit te maak!

GRAHAM LOMBARD Boer soek ’n vrou 2019

My ma se ma, ouma Martie, kom altyd plaas toe vir Kersfees en daag dan met ’n klomp bestanddel­e net vir die trifle op. As kind onthou ek sy was spesifiek agter die vars room op die plaas aan – haar “geheime” bestanddee­l, het sy gesê, en daar was ’n baie spesifieke glasbak wat sy gebruik het. Haar grootste vrees was dat die jellie ’n “skil” op sou kry, so sy het die jellie goed dopgehou. Sy het boonop haar trifle “Graham se trifle” genoem, so ek was gek daaroor.

DAMIAN ENGELBRECH­T Boer soek ’n vrou 2019

As ek hoor yskaspoedi­ng, dink ek aan trifle, wat seker eintlik ons nommereenp­oeding was! Dit roep herinnerin­ge van my kinderjare op toe ek en my ma deel was van ’n Christelik­e sanggroep wat naweke by verskillen­de kerke reg oor Suid-Afrika opgetree het. En by omtrent elke gemeente is daar altyd trifle saam met die etes bedien – so ek het al honderde tannies se trifle geëet! Maar ek het nog nooit daarvoor moeg geraak nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa