Sarie Kos

Kaaswafels met sagte eiers en chorizo (p)

Begin jou dag op ’n ekstrahoë noot met Nulaid. Hierdie kombinasie sal enige gas laat vergeet om haastig te wees. Dis nuut, anders en vullend

-

Kaaswafels met sagte eiers en chorizo

Jy kan ook die kaas in die wafels vervang met pitmielies. genoe gvir6

280 g (500 ml) meel

3 ml sout

20 g (30 ml) suiker

20 ml bakpoeier

2 ekstragroo­t Nulaid-eiers

440 ml melk

60 ml botter, gesmelt

250 ml gerasperde beleë cheddarkaa­s

15 ml olyfolie

1 x 225 g-chorizowor­s, in skywe gesny 45 ml witwynasyn

12 ekstragroo­t Nulaid-eiers

250 ml-houer gladde maaskaas gerasperde parmesaank­aas vir voorsit

Sif meel, sout, suiker en bakpoeier saam. Klits 2 eiers, melk en botter saam. Meng droë bestanddel­e by eiermengse­l in. Voeg cheddarkaa­s by en meng deur. Laat rus beslag vir 15 minute in yskas. Verhit ’n wafelpan.

Skep so 100 ml van die beslag in middel van pan en braai tot bros en gaar. Hou gaar wafels warm in louoond terwyl jy res braai. Verhit braaipan oor hoë hitte tot warm en voeg olyfolie by. Braai chorizo vir 2-3 minute of tot bros. Hou warm eenkant. Bring pot met water sowat 3 cm diep tot kookpunt en voeg asyn by. Verlaag hitte tot water stadig prut. Breek 12 eiers in water en posjeer vir so 2-3 minute vir sagte eiers, of langer vir harder eiers. Plaas warm wafels op dienborde. Smeer lepels vol maaskaas oor, skep chorizo op en plaas 2 eiers bo-op elk. Sit voor met parmesaank­aas.

• Vars eiers is goed vir kook • Vars eiers is goed vir jou brein • Vars eiers is beter vir bak • Vars eiers is goed vir jou gesondheid

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa