Sarie Kos

Ontbytterr­ien (p)

-

Hoe dikwels hoor ons ontbyt is die beste begin van ’n dag. En dié manier van polenta voorsit, nes in Italië, gaan jou nog meer laat uitsien

na die volgende een. Saam met GLAD

kan jy maar weet

dit gaan kleefvry en maklik wees Ontbytterr­ien

genoeg vir 6-8

500 g kersietama­ties, gehalveer 4 knoffelhui­sies, gekap hand vol vars tiemieblar­e, gekap 250 g spekblokki­es

60 ml olyfolie sout en varsgemaal­de swartpeper 2 liter melk

80 ml botter

500 ml droë polenta roomkaas en parmesaan vir voorsit slaaiblare van jou keuse vir voorsit

Verhit oond tot 180 °C. Voer oondrooste­rplaat uit met GLAD-bakpapier (foto 1). Sprei tamaties, knoffel, tiemie en spek op bakplaat uit en sprinkel olyfolie oor. Geur met sout en peper. Rooster vir 15-20 minute in warm oond of tot tamaties en spek begin verbruin. Haal uit oond en laat afkoel. Voer ’n broodpan van 30 x 12 cm met GLAD-kleefplast­iek uit (foto 2). Bring melk en botter tot kookpunt in middelslag­pot. Roer polenta met ’n draadklits­er by en hou aan roer tot mengsel begin verdik. Laat kook vir sowat 10-12 minute tot gaar. (Die polenta is gaar sodra dit begin wegtrek 1 van die pot se rand af.) Voeg geroosterd­e tamaties en spek by en meng deur. Skep in broodpan en smeer gelyk. Geur goed met sout en peper. Laat stol in die yskas. Keer uit op ’n houtbord en sny in porsies. Sit voor met skeppies roomkaas, gerasperde parmesaan en slaaiblare van jou keuse.

 ??  ?? Lekker warm of koud, dis jou keuse.
Lekker warm of koud, dis jou keuse.
 ??  ?? 2
2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa