Sarie Kos

Kersfeesva­rknek

-

(bl. 57) Soms is ’n gerookte varkboud of ham (gammon) net te groot vir ’n kleiner gesin se Kerstafel. Dan maak ek graag varknek volgens dieselfde beginsel gaar en glaseer dit. genoeg vir 6-8 150 g spinasie, fyngekap 6 salieblare, fyngekap 2 knoffelhui­sies, fyngekap sout en varsgemaal­de swartpeper 2,5 kg ontbeende varknek 30 repies gerookte strepiespe­k 350 ml nartjie- of lemoensap 60 ml heuning

4 naeltjies

400 g vars aspersies soetmoster­d vir voorsit

Meng spinasie, salie en knoffel. Geur goed met sout en peper. Plaas varknek op skoon werkvlak en sny met kort bewegings horisontaa­l deur die vleis – albei kante moet min of meer ewe dik wees. Stop voordat jy heeltemal deur die nek sny en vou die vleis oop soos ’n skoenlappe­r wat sy vlerke sprei (jy butterfly die vleis, soos die Engelse sê). Skep spinasieme­ngsel op die vleis en rol stewig op. Draai toe in 30 repies gerookte strepiespe­k. Vou hele rol toe in kleefplast­iek en dan in foelie. Plaas genoeg water in ’n pot om rol te bedek en bring tot kookpunt voordat jy rol in die pot sit. (Vul met kookwater aan soos die water wegkook.) Kook vir 30 minute vir elke 500 g, maar trek 30 minute af van die kooktyd vir oondbraai. Ons snit het 2 uur gekook en 30 minute gebraai. Verhit oond tot 180 °C. Meng sap, heuning en naeltjies. Haal rol uit water, verwyder foelie en kleefplast­iek en plaas in oondrooste­rpan. Skep sitrussous oor en plaas in warm oond. Braai stadig tot goudbruin en skep nou en dan van die pansous oor die vleis. Sodra vark bruin is, plaas aspersies in oondpan en braai vir nog sowat 10 minute of tot aspersies amper sag is, maar nie pap nie. Sit vleis en aspersies warm voor met soetmoster­d van jou keuse.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa