Sarie Kos

Gebraaide gebarste aartappels met knoffel en roosmaryn

-

(bl. 139) Hierdie goue klontjies is heeltemal verslawend. genoeg vir 6

GEROOSTERD­E AARTAPPELS

■ 2 kg ferm aartappels

■ 5 ml (1 teelepel) sout

■ 2 knoffelbol­le, geskil maar huisies heel gelaat (kleiner huisies is beter)

■ 250 ml ekstrasuiw­er olyfolie van goeie gehalte (of kanola-olie) ■ sout en varsgemaal­de swartpeper

■ 3 takkies vars roosmaryn, houtagtige stingels verwyder en blare fyngekap

JOGURT-MAYONNAISE-DOOPSOUS

■ 125 ml ( koppie) ongegeurde dubbeldik jogurt

■ 125 ml ( koppie) mayonnaise

■ 15 ml (1 eetlepel) korrelmost­erd

■ 15 ml (1 eetlepel) heuning

Plaas die aartappels in ’n groot pot en bedek met koue water. Voeg die sout by en bring oor hoë hitte tot kookpunt. Kook vir 12-14 minute tot net sag. Verhit die oond tot 220 °C. Dreineer die kookwater en plaas die aartappels in ’n groot, diep roosterbak. Gebruik die agterkant van ’n eetlepel om elke aartappel liggies te kraak – pas net genoeg druk toe om die aartappels heel te laat, maar met lekker barste in om die olie en geurmiddel­s te absorbeer. Voeg die knoffelhui­sies by, bedruip oraloor met olyfolie en geur goed met sout en peper. Braai vir 15 minute voor jy die aartappels met ’n kombuistan­g omdraai. Strooi die roosmaryn oor en braai nog 10-15 minute tot die aartappels alkant goudbruin is (hou dit langer in die oond indien nodig). Maak die mayonnaise doopsous terwyl die aartappels in die oond is. Plaas al die bestanddel­e in ’n klein mengbak en meng goed. Skep in ’n bakkie en sit in die yskas tot benodig. Haal die aartappels uit die oond en skep in ’n dienbak met ’n gaatjiesle­pel (verwyder die oortollige olie). Sit warm voor saam met die jogurt-mayonnaise-doopsous.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa