Sarie Kos

Maklike gnocchi

-

(bl. 107) Tuisgemaak­te gnocchi maak my altyd gelukkig. Dié kortpadman­ier gaan jou ook laat glimlag.

420 g (750 ml) koekmeel, plus ekstra vir uitrol

3 eiers

1 kg-sak bevrore kapokaarta­ppel, ontdooi

sout en varsgemaal­de swartpeper 45 ml olyfolie

1 ui, fyngekap

2 knoffelhui­sies, fyngekap

100 g spekblokki­es

400 g gemengde sampioene, gehalveer

4 takkies tiemie, fyngekap 250 ml-houer room

1 hand vol basiliekru­id, grofgekap 50 g parmesaank­aas, fyngeraspe­r

Voeg meel en eiers by kapokaarta­ppel en meng tot ’n hanteerbar­e deeg. Voeg nog meel by indien deeg te klewerig is. Geur goed met sout en peper. Verdeel deeg in vier gelyke dele en sprinkel meel op werkvlak. Gebruik jou vingerpunt­e en rol deeg in lang silinders, sowat 2 cm dik. Sny gerolde deeg in 2 cm lange gnocchi en hou eenkant. Maak nou eers die sous: Verhit olyfolie tot goed warm in groot pan. Voeg uie, knoffel en spek by. Roerbraai vir sowat 5-8 minute of tot uie begin verbruin. Voeg sampioene en tiemie by en braai nog 5 minute of tot sampioene gaar is. Voeg room by en verlaag hitte tot ’n vinnige prut. Laat 5 minute prut of tot sous lekker romerig is. Terwyl sous prut, bring ’n pot water tot kookpunt. Gooi gnocchi in kookwater en laat vir 8-10 minute kook of tot dit na die oppervlak van die water dryf. Dreineer. Voeg gnocchi by roomsous en meng deur. Voeg basiliekru­id en parmesaan by en roer deur. Geur goed met sout en peper. Sit warm voor.

DIE KORTPAD 9 KAPOKAARTA­PPEL

Kapokaarta­ppel is ’n heerlike bederf, maar vra nogal tyd om te maak. So koop Woolworths se bevrore kapokaarta­ppel en jy kan binne minute iets daarmee optower. R64,99 vir ’n 1 kg-sak

ERRIEDA DU TOIT WILLEM LOURENS

CHARNIE PIATER

 ??  ?? genoeg vir 4
genoeg vir 4

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa