Geroosterde-eiervrug-enuie-patee (p)
Dis min bestanddele, maar die geure is hemels. Onthou, koue kos moet jy goed geur sodat die smake na vore kom. genoeg vi r6-8
■ 3 uie, gekap
■ 3 eiervrugte, gehalveer
■ 6 knoffelhuisies, elkeen in drie gesny
■ 60 ml olyfolie
■ 230 g-houer LANCEWOOD® Medium Fat Plain Cream Cheese
■ sap en skil van 1 suurlemoen
■ 20 ml gerookte paprika sout en varsgemaalde swartpeper
■ 115 g (125 ml) botter, gesmelt
■ 5 takkies sagte kruie (origanum, basiliekruid of tiemie) vir voorsit
■ plat kraakbrood (sien resep regs)
Verhit oond tot 180 °C. Plaas uie en eiervrughelftes op bakplaat met gesnyde kant na bo. Steek met ’n skerp mes drie gaatjies in elke eiervrughelfte en druk die knoffel in die gaatjies. Plaas bakplaat in warm oond en bak vir 20-25 minute of tot eiervrug sag en gaar en uie mooi goudbruin gebak is. Verwyder eiervrugskil en skep eiervrug en uie in mengbak. Voeg res van bestanddele behalwe botter by en verwerk by hoë spoed met elektriese handmenger (stick blender) tot glad. Geur goed met sout en peper. Skep in bakkies van jou keuse en smeer gelyk. Skep gesmelte botter bo-op en sprinkel kruie oor. Verkoel in yskas vir 2-3 uur. Sit patee voor met plat kraakbrood (resep hier onder).
Plat kraakbrood
Plaas 280 g (500 ml) broodmeel in mengbak en voeg
1 x 250 g-houer LANCEWOOD® Cultured Cream (crème fraîche) by. Meng tot gladde, kniebare deeg vorm – voeg ekstra meel by indien nodig. Laat deeg rus vir 20 minute. Verhit intussen oond tot 220 °C. Verdeel deeg in vier ewe groot balle en laat weer rus vir 5 minute. Strooi dun lagie meel op werkvlak en rol elke deegbal papierdun uit. Plaas op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en bak vir sowat 5-8 minute of tot goudbruin en krakerig.
< Verhit oond tot 180 °C. Halveer knoffelbol in breedte en sprinkel olyfolie oor. Draai toe in foelie en rooster in oond vir 15-20 minute of tot knoffel sag is. Plaas tuna, roomkaas, sprietuie, gaar knoffelhuisies sonder skil en rissie in voedselverwerker en pols by hoë spoed tot gladde mengsel. Geur goed met sout en peper. Skep in bakkies van jou keuse en smeer gelyk. Skep gesmelte botter oor patee en rangskik lourierblare en tiemie bo-op. Plaas in yskas om te stol. Sit voor met roosterbrood of vars groente van jou keuse.