Sarie Kos

Baklava-sigare

-

(bl. 139) Hierdie luukse fillorolle­tjies is geïnspiree­r deur Turkse gebak. maak 18

STROOP

■ 400 g (2 koppies) witsuiker

■ 500 ml (2 koppies) water

■ 30 ml (2 eetlepels) heuning

■ 2 heel naeltjies skil van suurlemoen

Bring al die bestanddel­e vir die stroop in ’n klein pot tot kookpunt en kook vinnig vir 5 minute. Verwyder van die hitte en sit eenkant.

FILLO-SIGARE

■ 100 g rou amandels

■ 100 g okkerneute fyngeraspe­rde skil van

■ 1 suurlemoen

■ fyngeraspe­rde skil van

■ 1 lemoen

■ 5 ml (1 teelepel) fyn kaneel

■ 60 ml ( koppie) versiersui­ker

■ 1 ml ( teelepel) sout

■ 1 ekstragroo­t eierwit

■ 2,5 ml ( teelepel) amandelgeu­rsel

■ 6 velle fillodeeg

■ omtrent 80 ml ( koppie) kanola-olie

■ 30 ml (2 eetlepels) gepelde pistasiene­ute, fyngekap (opsioneel)

Vir die fillo-sigare, plaas die amandels en okkerneute in ’n voedselver­werker en verwerk tot fyn (nie té fyn nie, jy wil nie ’n neutbotter maak nie). Voeg die gerasperde sitrusskil, kaneel, versiersui­ker, sout, eierwit en amandelgeu­rsel by en verwerk tot ’n smeer. Verdeel in ses en rol in silinders van sowat 1,5 cm dik en 21 cm lank. Verhit die oond tot 200 °C. Werk met een fillovel (21 x 34 cm) op ’n slag op ’n groot werkvlak, verf met olie en plaas ’n neutsilind­er aan die een kort kant. Rol dit netjies op en sny in gelyke dele van sowat 7 cm elk. Plaas styf teen mekaar op ’n bakplaat wat met kleefweren­de kossproei gespuit is en bak vir 18-20 minute of tot goudbruin. Verhit weer die stroop effens terwyl die sigare bak. Haal die sigare uit die oond en giet die warm stroop oor. Laat dit afkoel op die bakplaat. Haal die afgekoelde sigare uit die stroop, strooi fyngekapte pistasiene­ute oor en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa