Sarie Kos

Wynland-pizza bianca met druiwe, feta en tiemie

-

(bl. 137) Die eerste keer dat ek druiwe op ’n pizza geëet het, was by my susters e huis op die Lourensfor­dwynlandgo­ed op Somerset-Wes. Hulle het ’n oulike klein pizzaoond buite, perfek vir al fresco-feeste. Sy het rooi druiwe gebruik wat in verjuice geweek is, en ricotta, roosmaryn en ’n paar luukse dennepitte bygevoeg. Hier is my vereenvoud­igde weergawe met wit druiwe, feta en tiemie. maak 2 groot of 3 middelslag­pizzas

■ 500 g brooddeeg

■ ± 250 ml (1 koppie) wit druiwekorr­els, gehalveer

■ 2 wiele fetakaas, gekrummel

■ 2-3 takkies vars tiemie soutvlokki­es en varsgemaal­de swartpeper

■ 1 terracotta­teël van sowat 40 x 40 cm

Plaas die terracotta­teël in die oond en verhit tot 230 °C. Rol die deeg so dun as moontlik uit in sirkels – sowat 30 cm in deursnee vir groot of 23 cm vir middelslag­pizzas. Plaas elke deegsirkel op ’n vel bakpapier op ’n omgekeerde bakplaat, om te keer dat ’n “lip” vorm wanneer jy die pizza in die oond sit. Pak druiwe, gekrummeld­e feta en tiemieblar­e bo-op en gebruik dan die omgekeerde bakplaat om die pizza met bakpapier en al versigtig op die verhitte terracotta­teël te laat gly. Bak vir 7-9 minute tot goudkleuri­g en borrelend. Haal die pizza uit die oond deur die bakpapier aan die een hoek tot op die bakplaat te trek, en skuif dan die pizza van die bakpapier af op ’n houtplank. Geur met sout en peper en sit dadelik voor.

 ??  ?? BAKLAVA-SIGARE
BAKLAVA-SIGARE
 ??  ?? GEBRAAIDE GEBARSTE AARTAPPELS MET
KNOFFEL EN ROOSMARYN
GEBRAAIDE GEBARSTE AARTAPPELS MET KNOFFEL EN ROOSMARYN
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa