Sarie Kos

Chinese rolletjies vir die feeskuier (p)

-

Saam met ’n glas vonkel iets om aan te peusel voor die groot feesmaal. Die beste van alles is, jy maak dit met die oorskiet-varkblad. genoeg vir 24 rolletjies

45 ml koekmeel

60 ml water

600 g gaar varkblad ( pork shoulder), fyngevlok

100 ml soet soja- of oestersous sout en varsgemaal­de swartpeper 24 bevrore velle Chinese-rolletjied­eeg* (spring roll), ontdooi sonneblomo­lie vir diepbraai

DOOPSOUS

100 ml sojasous

1 brandrissi­e, fyngekap

1 hand vol vars koljanderb­lare, fyngekap

Meng doopsousbe­standdele en hou eenkant. Meng meel en water tot gladde pasta en hou eenkant. Meng fyn varkvleis met soja- of oestersous en geur goed – versigtig met die sout want sojasous bevat reeds sout, so proe eers. Plaas een deegvel op werkvlak. Vorm worse van vleisvulse­l en plaas een wors aan een kant van vel deeg sodat daar sowat 3 cm bo en aan kante oop is. Verf rand van deeg reg rondom met meelpasta. Vou boonste rand oor vleis en vou twee lang sye om. Rol deeg op sodat dit soos ’n sigaar lyk. Herhaal met res. Verhit olie in diep pan. (Toets só of dit warm genoeg is: As jy ’n stukkie brood in die olie laat val, moet dit sis maar nie dadelik bruin brand nie.) Die rolletjies moet taamlik stadig braai sodat die vleis warm word. Braai tot goudbruin en dreineer op kombuispap­ier. Sit warm voor met doopsous.

* Kyk in jou supermark se bevroredee­g-afdeling vir Chinese-rolletjied­eeg. Jy kan ook fillodeeg gebruik as jy nie dié deeg kry nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa