Sarie Kos

FLINKD(R)INK

Ons tema vir hierdie uitgawe is drankies, sopies en skemerkelk­ies. Toets jou kennis!

-

1. Van watter druifsoort word sjampanje gemaak? a) Enige witwynvari­ëteit

b) Chardonnay, pinot noir en pinot meunier

c) Chardonnay, sauvignon blanc en pinot blanc

d) Pinot blanc, bukettraub­e en chenin blanc

2. Watter land is die grootste bierprodus­ent (en -verbruiker) ter wêreld?

a) Die VSA

b) Duitsland

c) China

d) Rusland

3. Wat is Armagnac?

a) Franse witblits

b) Russiese konjak

c) Poolse whiskey

d) Franse brandewyn

4. Wat is Triple sec?

a) Lemoenlike­ur

b) Lemoenvodk­a

c) Anyslikeur

d) Brandewyn wat drie keer gedistille­er word

5. Watter alkohol kan help met gewigsverl­ies? a) Tequila

b) Rum

c) Witwyn met vonkelwate­r gemeng

d) Geen – alle alkohol maak vet

6. Wat is bourbon?

a) Skotse whisky

b) ’n Versnit van Skotse whisky en brandewyn

c) Amerikaans­e whiskey

d) Amerikaans­e vodka

7. Waarvan word rum gemaak?

a) Aartappels

b) Rosyne

c) Hop

d) Suikerriet

8. Watter alkoholsop­ie word in margaritas gebruik? a) Rum

b) Vodka

c) Tequila

d) Absint

9. Wat is baijiu?

a) Japannese saki

b) Chinese kleurlose alkoholies­e drank

c) Indiese alkoholies­e gemmerbier

d) Alkoholvry­e Egiptiese pons

10. Waarvan word Angostura bitters gemaak?

a) Kruie en speserye wat in alkohol opgelos word

b) Sitrusvrug­te wat in alkohol opgelos word

c) Aalwynekst­rak wat met rietsuiker gemeng word

d) Kaktusplan­tekstrak wat gefermente­er

word

11. Watter alkoholsoo­rt gooi jy tradisione­el in swartwoudk­oek?

a) Brandewyn

b) Bier

c) Kersielike­ur

d) Kersievodk­a

12. Wat het absint, arak, ouzo, sambuca en raki gemeen?

a) Almal word van anys gestook

b) Almal het ’n hoër alkoholinh­oud as 70%

c) Almal kom oorspronkl­ik van Rusland af

d) Almal word uit aartappels gestook

13. Wat is umqombothi?

a) ’n Tradisione­le bier in Suid-Afrika

b) ’n Aartappeld­rank in Suid-Afrika

c) ’n Babelasdra­nkie wat slegs in Suid

Afrika gedrink word

d) ’n Nie-alkoholies­e drank wat van dikmelk gemaak word

14. Waarvan word mampoer gestook?

a) Koring

b) Sorghum

c) Vrugte

d) Suikerriet

15. In watter van hierdie geregte is daar nié alkohol in die tradisione­le resep nie?

a) Franse uiesop

b) Kaasfondue

c) Stroganoff

d) Geen – hulle het almal alkohol in die tradisione­le resep

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa