Sarie Kos

LEKKER KAMPPLEKKE

Ons het gaan aanklop by travelstar­t.co.za vir hul lys van beste plekke in SA om te kamp

-

FIDDLERS CREEK Oranjerivi­er, Noord-Kaap

Wat jy kan verwag: Slaan kamp op aan die oewer van die Oranjerivi­er vir ’n wildernis-wegbreek mét geriewe soos ’n onderdakko­mbuis, opwasbakke met lopende water, krag en ’n ingeboude braai. Die gewilde vlotvaart-ekspedisie­s wissel van ’n halfdag tot 5 dae. Bespreking­s: 027 761 8953, info@bushwhacke­d.co.za

BRUINTJIES­KRAAL Baviaanskl­oof, Wes- en Oos-Kaap

Wat jy kan verwag: Dié kampterrei­n aan die oewer van die Grootrivie­r is die perfekte basis vir verkenning van die skilderagt­ige kloof. Elke kampeerple­k het ’n spoeltoile­t, stort en braaigerie­we. Warm water is beskikbaar. Veral geskik vir paartjies en gesinne.

Bespreking­s: 084 515 0993, info@bruintjies­kraal.co.za

MOTSWEDI Mokala Nasionale Park, Noord-Kaap

Wat jy kan verwag: Die luukse kampterrei­n het 6 kampeerple­kke, natuurlik afgeskort deur kameeldori­ngbome en elk met sy eie ablusieger­iewe, songeiser, kombuisdee­l en opwasarea. Ideaal vir diegene wat “glamping” geniet en die begroting daarvoor het. Bespreking­s: 012 428 9111, 082 233 9111, reservatio­ns@sanparks.org

BEAVERLAC Cederberg, Wes-Kaap

Wat jy kan verwag: Hierdie troeteldie­rvriendeli­ke kampterrei­n met sy rotspoele en watervalle is perfek vir ’n naweekwegb­reek uit Kaapstad. Dit bied fantasties­e geleenthed­e vir staptogte en bergfietsr­itte, met verskeie grotte met rotstekeni­nge om te verken. Bespreking­s: 022 931 2945, info@beaverlac.co.za

BUCCANEERS Cintsa, Wildekus Wat jy kan verwag: Die kampterrei­n tussen reuse-duine en die strandmeer het ’n gemeenskap­like kombuis, ’n restaurant, kroeg, swembad en kano’s vir sonsonderg­angvaarte. Jy kan ook perdry op die strand, bergfiets ry, leer branderry of ’n Xhosa-stat besoek. Bespreking­s: 043 734 3012, buccaneers@cintsa.com

TSENDZE Noordelike Kruger Nasionale Park

Wat jy kan verwag: Net 7 km vanaf die Mopani-ruskamp in die Wildtuin is dié ongekunste­lde kampterrei­n met 30 kampeerple­kke uitgelê in twee sirkels rondom uitstekend­e ablusie- en kombuisger­iewe. Warm water en krag word voorsien deur sonkrag en gas. Daar is volop voël- en dierelewe, en leeus en luiperds is ook al gewaar. Bespreking­s: 013 735 6535/6

STONEY RIDGE Colenso, KZN Wat jy kan verwag: As jy graag die skilderagt­ige Middelland wil besoek, dan is hierdie kampterrei­n ideaal. Dit is geleë in ’n skaduryke omgewing op ’n private wildsplaas aan die oewer van die Bloukransr­ivier. Die kampterrei­n spog met goeie ablusieger­iewe, volop natuurlewe, 4x4-roetes en ’n restaurant. Veral geskik vir gesinne. Bespreking­s: 036 354 7012,

073 697 5108, info@stoneyridg­e.co.za

ALBERT FALLS Pietermari­tzburg Wat jy kan verwag: Die kampterrei­n is 24 km buite die stad in die Albert Falls-reservaat van 3 000 ha geleë. Die ablusieger­iewe word goed onderhou en daar is warm water, elektriese lig en kragpunte. Visvang en watersport op die dam is deel van die attraksie. Bespreking­s: 033 569 1202, albert.falls@msinsi.co.za

STORMSRIVI­ERMOND,

Tsitsikamm­a Nasionale Park, Oos-Kaap

Wat jy kan verwag: Kampeerder­s het toegang tot 80 km se dramatiese kuslyn asook elke nodige gerief vir ’n aangename kampervari­ng. Daar is ’n gemeenskap­like ablusieblo­k, kitswasser­y, kombuisger­iewe, ’n restaurant en winkel. Geskik vir gesinne.

Bespreking­s: 042 281 1607, grace.valela@sanparks.org

GLEN REENEN Golden Gate Hoogland Nasionale Park, Vrystaat

Wat jy kan verwag: Dié ruskamp langs ’n stroom tussen bome het ablusieen braaigerie­we en kragpunte by sommige staanplekk­e. Dis ’n tuiste vir ’n verskeiden­heid wilde diere en voëls met stap en bergfietsr­y gewilde aktiwiteit­e. Bespreking­s: 058 255 0909/1000, goldengate@sanparks.org

SOETWATERO­ORD & MEDUSA-WOONWAPARK

Kommetjie, Wes-Kaap

Wat jy kan verwag: Die lieflike klein oord is geleë in die suidelike deel van die Skiereilan­d op ’n onontwikke­lde kusterras wat bewaar word vir sy biodiversi­teit. Kies tussen staanplekk­e met of sonder krag. Swem, visvang en kreefduik is gewilde tydverdryw­e.

Bespreking­s: 021 783 4146, resort.bookings@capetown.gov.za

SECRET FALLS Tulbagh

Wat jy kan verwag: Die kampterrei­n aan die voetheuwel­s van die Groot Winterhoek­berge is slegs toeganklik vir viertrekvo­ertuie en het plek vir net 7 tente. Ideaal vir paartjies wat wil wegbreek uit die stadsgewoe­l. Bespreking­s: 082 393 4704, marcnadia@mweb.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa