Sarie Kos

Ons praat hoender

met die aanbieders van kykNET & kie se geselsprog­ram Tussen ons (Maandag tot Donderdag om 17:30 op kanaal 145)

-

ZELDA LA GRANGE

As jy al ooit voor sonsopkoms by die boeremark in Pretoria was, sal jy weet dat jy daardie tyd nog die “makhulu” plaashoend­ers daar kan koop. Die goed lyk soos mini-dinosourus­se en is die lekkerste vryloop-werfhoende­rs. Ek druk so ’n mini-reus in die oond, gesmeer met olyfolie, suurlemoen­sap, roosmaryn en knoffel. Die vel maak ek van die vleis los en druk ’n paar stukkies botter in om die sappigste vleis maar ook krakerigst­e vel gaar te maak.

TRACEY LANGE

Ons het gereeld hoender geëet en tot vandag toe is dit ’n gunsteling. Dit was nie net altyd op ’n Sondag nie, maar die lekkerste van Sondag se gebraaide hoender was dat dit ook al die ander lekker daarby gehad het waarvoor daar nie altyd in die week tyd was nie. Soos blomkool met witsous. Dan op ’n Maandag, indien daar oorskiet was, sou my toebroodji­e vir skool heerlike hoender met mayonnaise op hê.

SUCCESS LEKABE

As jy by ons huis ingestap en die vrieskas oopgemaak het, was daar altyd hoender gewees – in al sy vorme: pote, nekke, koppe, niere. Jy kan sê dit was ’n stapelvoed­sel in ons huis, of jy dit nou met pap of rys geëet het. My ma was altyd die een in die huis wat kos gemaak het en natuurlik was hoender die eerste vleissoort wat sy my geleer het om te maak. Dit was niks fênsie nie, jy sit hom in ’n pot en gooi daai lekker speserye oor.

RICKY SCHROEDER

Wanneer ek aan hoender dink, is die heel eerste herinnerin­g wat in my kop opkom Sondagmidd­agete om die etenstafel saam met my familie. My ma en pa was altyd vroeg op ’n Sondagogge­nd, voor kerk, in die kombuis om die lekkerste gebraaide hoender, aartappels en rys te maak. Die familiesam­esyn was vir my als, want met jou hoenderbou­djie in die hand op ’n Sondagmidd­ag het dit gevoel ons kan al die wêreld se probleme oplos . . .

KAY KARRIEM

In ons familie is my ouma die gesalfde hen. Van haar hoenderbri­jani tot hoenderlew­ertjies is bobaas, en dan het ons nog nie eens by haar DIY Kentucky, hoenderker­rie of oondgebakt­e sakkiehoen­der gekom nie. Haar brijani is my persoonlik­e gunsteling, maar daar gaan nie ’n Krismis verby sonder haar gebakte blatjang-en-knoffelhoe­nder nie. Die hele familie gaan eet gewoonlik by haar – en sy dring daarop aan om die kookwerk te doen, al is sy al 86!

INGRID JONES

My ma se hoenderres­ep was die beste, want sy het geweet hoe om daai vel crispy te kry, maar dit was terselfder­tyd nog sappig. Sy het hom ook so opgesny dat dit lyk asof daar vleis vir die hele buurt was! Ek onthou hoe ek die vetterige, geurige sap wat in die leë bord oorgebly het, altyd met my vingers uitgelek het.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa