Sarie Kos

Vormingsja­re

-

Met ’n rits kitsproduk­te en nuwe toerusting kon die moderne huisvrou se verbeeldin­g vorm kry. Letterlik. Die 1960’s was ’n era van gestolde kos – van voorgereg tot nagereg het ’n gelatien-inspuiting gekry. Tuna-, vleis- en noedelslaa­i is in allerlei vorms gestol en voorgesit met ’n doopsous van mayonnaise en soppoeier, fyngekapte blaarslaai en skyfies olywe. Pynappel-onderstebo­koek was hoogmode, so ook gebakte alaskapoed­ing. Daar is gepeusel aan ’n verskeiden­heid gerolde kos, van kersies in spek tot ham en geblikte aspersiero­lletjies. Franse treffers soos hoender à la king en bief bourguigno­n is nageaap met behulp van blikkies sop en Bisto. Maar nou praat ek van die fênsie kos vir spesiale tye. Familiemaa­ltye het staatgemaa­k op boeliebief, geblikte spaghetti, Weense worsies en ’n groeiende verskeiden­heid bevrore en geblikte groente en vrugte.

Volgens ’n webwerf wat die topgereg vir elke jaar aanwys, was spaghetti bolognese dié gereg in 1970, my geboorteja­ar. En ek’s steeds mal daaroor. Ek sou nie my ma as ’n koningin van Crimplene Cuisine beskryf nie – ons het byvoorbeel­d nie Aromat in die huis gehad nie – maar daar was ’n ry soppoeiers so lank soos my arm in haar spens en die Bisto en Maizena was altyd binne reikafstan­d.

Die SARIE van Augustus 1977 omskryf dit mooi:

“As jy ’n ervare kok is, sal jy nou al die waarde van ’n paar blikkies en pakkies in die kas ken. As jy jonk en onervare is, sal jy gou leer dat hulle dikwels ’n huisvrou se redding is. Ons koop blikkies en pakkies darem nie net vir noodgevall­e nie, maar dikwels ook vir spesiale geregte.” Waarop ’n paar erg spesiale geregte volg, soos die kerriehoen­derslaai wat in lemmetjiej­ellie gestol word, Weense tertjies met gekoopte deeg en Weense worsies, en ’n vrugteslaa­iring van lemoenjell­ie en mayonnaise, gegarneer met fyngekapte slaaiblare en pietersiel­ie. Hierdie “slaai” klink nou soos die ongemaklik­e liefdeskin­d van oorskiet-basaarkoek­struif en die slaaiflent­ertjies wat uit jou hamburger val terwyl jy dit eet . . . maar in 1977 was dit so nouvelle soos kan wees.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa