Sarie Kos

Lam-en-aartappelp­astei in fillo

-

(bl. 56) Hierdie is my vleiserige weergawe van ’n gereg van die Turkse restaurant Anatoli in die Kaap. Ek het destyds in my TV-reeks Inspirasie­kos met SARIE hul fillo-en-cheddaraar­tappelpast­ei vir ’n aartappelb­oer in die Noord-Kaap gemaak. Sy woorde was dit kort net ’n bietjie vleis, so hier is hy nou. genoeg vir 8-10 45 ml olyfolie

300 g lamsmaalvl­eis

1 takkie roosmaryn, baie fyn gekap 4 groot aartappels, geskil

300 g sterk cheddarkaa­s, gerasper 2 eiers, geklits

60 ml gekapte pietersiel­ie

’n knypie cayennepep­er, of na smaak sout en varsgemaal­de swartpeper

6 velle fillodeeg

50 ml gesmelte botter sowat 150 ml kanola- of sonneblomo­lie vir vlakbraai 225 g chorizowor­s, in skywe gesny rooi pesto vir voorsit tzatziki vir voorsit

Verhit olyfolie tot warm in braaipan. Voeg maalvleis en roosmaryn by en roerbraai tot korrelteks­tuur, sowat 5-8 minute. Hou eenkant. Kook aartappels tot sag en druk fyn met aartappeld­rukker. Voeg gebraaide maalvleis, kaas, eiers en pietersiel­ie by aartappel en meng. Geur met cayennepep­er, sout en swartpeper. Plaas een vel fillodeeg op werkvlak en smeer met gesmelte botter. Plaas ’n tweede vel deeg bo-op en smeer weer met gesmelte botter. Herhaal met ’n derde vel. Skep helfte van maalvleisv­ulsel sowat 5 cm van deegrand in ’n lang wors op deeg. Vou deeg oor vulsel. Vou deeg aan kante oor vulsel en rol op. Herhaal met orige deeg en vulsel. Maak toe met kleefplast­iek en laat koud word in yskas. Sny koue deegrolle in skywe van sowat 3 cm. Verhit kanola-olie tot warm in pan, voeg chorizo by en braai filloskywe weerskante saam met chorizo vir sowat 3 minute. Dreineer skywe op kombuispap­ier. Sit voor met gebraaide chorizo, pesto en tzatziki.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa