Sarie Kos

Kampvuur-kerrie met roti-stokbrood

-

(bl. 17) Daar is min dinge wat so lekker warm maak soos kerrie by die vuur. Ek gebruik die roti-tegniek en rol baie botter in die deeg in om die stokbrood te maak. Dis hemels! genoegvir6

KERRIE

45 ml olyfolie

1 ui, fyngekap

2 knoffelhui­sies, fyngekap

30 ml geroosterd­e masala

30 ml komynsaad

20 ml vinkelsaad

20 ml fyn koljander

400 ml-blik klappermel­k

400 g-blik tamatiepur­ee 24 ontbeende hoenderdye sout en varsgemaal­de swartpeper 410 g-blik botterbone, gedreineer hand vol vars koljanderb­lare, fyngekap

ROTI-STOKBROOD

250 ml water

90 ml olyfolie

5 ml sout

460 g (1 000 ml) koekmeel, plus ekstra vir uitrol

115 g (125 ml) botter, gesmelt 12 stokke vir braai

Kry kole mediumwarm – jy gaan dit heeltyd moet aanvul soos die kos gaar word. Verhit olyfolie in ’n swaarboomk­astrol oor warm kole tot warm. Voeg uie en knoffel by en roerbraai 2 minute. Voeg speserye by en roerbraai 5 minute – gooi ’n bietjie water by as dit lyk of die speserye gaan brand. Voeg klappermel­k en tamatiepur­ee by. Verhit tot kookpunt en plaas hoender in die sous. Geur goed met sout en peper. Laat prut bedek vir sowat 35-40 minute of tot gaar. Terwyl kerrie prut, maak stokbrood: Plaas water, olyfolie en sout in middelslag­mengbak. Roer met houtlepel terwyl jy meel geleidelik byvoeg totdat die deeg ’n stywe, kniebare vorm het. Knie vir sowat 5-8 minute op meelbestro­oide werkvlak of tot deeg glad en elasties is. Plaas deeg in skoon bak wat met olie gesmeer is en laat rus 15 minute op ’n warm plek. Rol deeg op meelbestro­oide werkvlak tot so 3 mm dik uit. Verf hele stuk deeg met gesmelte botter. Rol deeg op in ’n lang wors en sny in 12 stukke. Rol elke stuk in ’n lang wors van sowat 20 cm, draai in ’n spiraal om die punt van ’n dikkerige stok en druk die voorste punt goed vas. Braai oor warm kole, sowat 30 cm weg, tot goudbruin en gaar, 15-20 minute. Voeg botterbone en koljander by kerrie. Roer deur en sit voor met stokbrood.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa