Sarie Kos

Rissie-plathoende­r

-

Die geheim van die resep is om die soetrissie­s vir die sous oor warm kole te braai tot dit swart is en ’n sterk rookgeur het. Jy kan ook die rissies oor jou gasplaat se oop vlam braai.

genoeg vir 4-6

3 rooi soetrissie­s 45 ml olyfolie 1 ui, gekap 2 knoffelhui­sies 6 tamaties, grofgekap

60 ml gerookte paprika 60 ml sjerrie-asyn 3 rooi brandrissi­es, fyngekap

1 hand vol vars koljanderb­lare 1 groot hoender sout en varsgemaal­de swartpeper

1 Verhit oond tot 180 °C. Kry jou kole lekker warm en smeer die soetrissie­s met 15 ml olyfolie. Braai soetrissie­s oor kole tot die skil letterlik pikswart gebrand het. Plaas in ’n bak en bedek bak met kleefplast­iek sodat rissies kan stoom vir ’n paar minute.

2 Haal rissies uit bak en krap swart skille af met ’n skerp mes. Sny rissies oop en verwyder pitte. Verhit pot oor hoë hitte tot warm en voeg res van olyfolie, uie, knoffel en gekapte tamaties by. Roerbraai tot tamatie sag en pap is.

3 Voeg paprika, asyn, soetrissie­s en brandrissi­es by tamatiemen­gsel. Meng deur en laat prut vir 10 minute of tot alles sag en pap gekook is. Voeg koljander by en verwerk tot puree met voedselver­werker of staafmenge­r.

4 Knip met ’n skerp kombuisskê­r die rugbeen van die hoender los. Gebruik jou handpalms om die hoender plat te druk en plaas in oondrooste­rpan met borskant na bo. Gooi sous oor en geur goed met sout en peper. Maak toe met foelie en oondbraai vir 40-60 minute of tot hoender gaar is. Sit warm voor met vars kruie van jou keuse.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa