Sarie Kos

Siba se surf-en-turf-braai

-

(bl. 138) Ek geniet dit om soms surf-enturf te maak, veral wanneer ek braai. Hierdie varktjop-entunastea­k-kombinasie is fantasties met my baie spesiale tuisgemaak­te marinade, wat gebruik kan word as bedruipsou­s en as ’n sous om saam met die vleis voor te sit. Wees versigtig om die tunasteaks nie oorgaar te maak nie – hulle raak baie vinnig gaar. genoeg vir 6

▮ 200 ml soet sojasous (kecap manis, indien moontlik)

▮ 200 ml klewerige donker bruinsuike­r

▮ 90 ml olyfolie

▮ 120 ml geskilde en grofgekapt­e vars gemmer

▮ 10 knoffelhui­sies, geskil

▮ 45 ml tamatiepur­ee >

▮ 500 ml warm water

▮ sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen

▮ 60 ml vars tiemie, stingels verwyder

▮ 2 klein rooi (bird’s eye-)brandrissi­es, effens oopgesplit

▮ 6 x 120 g tunasteaks

▮ 6 varktjops

▮ groot hand vol vars salieblare

▮ 1 bottel lagerbier (opsioneel)

▮ komkommerl­inte vir garnering

▮ mikrokruie­blare vir garnering

Plaas die sojasous, suiker, olyfolie, gemmer, knoffel en tamatiepur­ee in ’n voedselver­werker en verwerk tot ’n smeer. Voeg die water by en verwerk verder tot goed gemeng. Gooi in ’n braaipan en laat prut. Voeg die suurlemoen­sap en -skil, tiemie en rissies by en laat prut vir 5 minute, tot dit verdik en effens afgekook het. Verwyder van hitte en laat afkoel. Gooi afgekoelde mengsel in ’n maatbeker sodat jy dit maklik kan skink. Verwyder die rissies en gooi weg. Plaas die tunasteaks en varktjops in aparte groot herseëlbar­e vriessakki­es. Skink die helfte van die afgekoelde marinade by die tunasteaks en die ander helfte by die varktjops. Plaas die salieblare in die sakkie met die varktjops en vryf liggies oor albei sakkies. Maak seker alles is heeltemal bedek voordat jy die sakkies seël en in die yskas plaas om die tuna en varkvleis te laat marineer. Wanneer jy gereed is om te braai, kan jy die tuna en varkvleis uit die sakkies haal en die ekstra marinade afskud. Braai die varktjops vir 3-4 minute per kant tot gaar. Bedruip die vleis met bier, indien jy dit gebruik, terwyl jy dit braai vir ’n eg Suid-Afrikaanse braaigeur. Braai die tunasteaks vir 1 minuut per kant, of langer, afhangend van hoe gaar jy dit verkies. Garneer met komkommerl­inte en mikrokruie en sit voor.

SIBA SE WENK

Om te verseker dat jou tuna lekker pienk is aan die binnekant kan jy ook een groot stuk vis gebruik met dieselfde gewig as die individuel­e steaks (720 g), dit heel gaarmaak en agterna sny. Watter metode jy ook al verkies, hierdie surf-en-turf is ’n wenner!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa